Zak van Niekerk – Vrydag 22 April 2011

Die show se naam is Lekkerkry! Hier kom nog!

Zak is die man wat van Lekkerkry, Byt My, Tommy Dippenaar en vele ander treffers volksbesit gemaak het. Hierdie grapjas sorg dat elke partytjie in ‘n behoorlike opskop ontaard en laat jou lag dat die trane loop as hy eers ‘n stories begin vertel…

Zak van Niekerk se splinternuwe CD vol visvangtreffers, Stywe Lyne , is geskryf deur nuwe jong skryf talent maar sluit ou gunstelinge van Buddy Vaughn in. Ek gaan haar mis, Stywe Lyne, Brandewynbaai en vele ander kan gehoor word, asook Zak se eie snit, Rooivleis .

Die jong talent sluit onder andere Andre M, Leon Gropp en Tony Ridgway in. Jasper van Rensburg Snr en Jnr was die manne agter die skerms wat die verwerkings en programmering hanteer het en saam met Zak was Johan Scott die uitvoerende regisseurs.

Lekkerkry, Zak se eerste CD het saam met sy DVD Zak maak Twak platinum status bereik. Byt my, Oe Na Na, Ramkat en Gatskop in die Baai het ver oor die goue status kerf gedraai en is sterk opppad na platinum status.

Bekyk die fotoalbum van Zak se vorige besoek!

Comments
Leave A Comment