- Uit die Nuusbrief van 14 Junie 2011 -

Daar is net eenvoudig iets aan ‘n kind wat perform….

Voor ma of pa of ouma of oupa of op Potter’s se verhoog. Daar is die totale oorgawe asof sy voor ‘n stadion vol mense is en almal juig jou toe!

‘n Uitbundigheid, uitspattigheid, vryheid…‘n vryheid van niks hê om oor te worry nie….net sing vir die grote wye wêreld. Dis so maklik vir hulle om net te sing! Later sal iemand hulle vertel dat hulle anders lyk of anders klink, of sy sal begin worry daaroor.

Maar vir nou is sy die prinsessie van die wêreld. En daar is nie ‘n beter plek om te wees nie.

Die vryheid sal hulle later verloor en die onskuld sal vervaag. Dit is ‘n skat wat gekoester moet word terwyl die kind dit nog het en wanneer ons dit nog kan aanskou. Ons grootmense sal so af en toe probeer om daar uit te kom met ‘n Voëlvry-toer of iets dergliks, maar as dit weg is, is dit weg. Daarna is dit net ‘n werklik goeie akteur wat dit kan naboots. Naboots.

Hierdie naweek se WOW!Stêr-kompetisie het my laat besluit dat ek so ‘n hele show van hulle by Potter’s gaan hou!

Voëlvry op Jeffreys Bay!

Comments
Leave A Comment