Jan Blohm. ‘n Toonbeeld van ‘n rockdigter en verhoogfilosoof met verbysterende talent. Soos die lotus – die blom wat in vuil, modderige water ver van die son groei en dan met ‘n onaantasbare skoonheid verras. Vir Blohm is dit ‘n metafoor vir die lewe. “Dit maak nie saak hoe sleg en moeilik ‘n mens se lewensomstandighede is nie, ‘n mens het steeds die vermoë om uit te styg en een van die mooiste blomme te wees.”

Lotus - Jan Blohm

Êrens het ‘n resesent geskryf – “Jan het sy beste musiek in sy donker tye geskryf”. Sy CD 7 Jaar is so ‘n storie van sy binnesreis. Dis ‘n album wat onteenseglik bewys hoekom Jan al met soveel toekennigs weggestap het.”

Roekeloos Webtuiste oor 7 Jaar : “ Dis ‘n avondmaal. Soms proe jy reën en soms proe jy vuur maar jy staan vervuld en tevrede op aan die einde daarvan – en die beeld is skielik helder. 7 Jaar is ‘n son wat opkom. Dit is die lig van dag”

7 Jaar het die SAMA-toekenning verlede jaar verower vir beste rockalbum.

Van sy CD “ Die Runaway Sessies ” skryf Jan self: ” Daardie tyd was ook ‘n tydstip in my lewe waar ek as kunstenaar deur baie emosionele struikelblokke moes werk. Die album ‘n Stille Runaway is soos ‘n kind van my, dit is deel van my; ons het saam gegroei en ek voel nou rustig en gereed om met trots die nuwe verwerkings uit te gee as Die Runaway Sessies ”.

Die Runaway Sessies het hierdie jaar die Tempo-toekenning vir die Beste Afrikaanse Rockalbum verower.
Jan Blohm is ‘n Rocker, ja. En jy rock behoorlik. Verlede jaar was daar Britte, Australiërs en Amerikaners in die gehoor by ons. Sy musiek is eintlik beter in klein plekkies soos Potters. Waar jy naby kan sit en deel kan word van ‘n “gentle soul” en die Lotus kan ontdek.

Comments
Leave A Comment