Tuindwergies – Donderdag 14 Julie 2011

Groovy musiek sonder pretensie

Al wat die Tuindwergies met hul broers in voorstedelike tuine in gemeen het is hul lengte – wat musiekmaak betref het die ouens hope energie en met treffers soos Kopskudkinders en Sy Sê is hul besig om nuwe spore in die Afrikaanse musiekbedryf te trap. Die Berg Dwerg , Die Kort Dwerg, Die Lang Dwerg en De Dwerg se musiek groove sonder enige pretensie.

Die Berg Dwerg, Die Kort Dwerg, Die Lang Dwerg en De Dwerg

Die twee stelle broers bring ‘n nuwe klank en gevoel na die Afrikaanse musiekpartytjie. Hoofsanger en akoestiese kitaarspeler Pieter de Jager ( Die Kort Dwerg ) was voorheen deel van die groep Revolusie en skryf ook hul lirieke. De Dwerg Jean Swiegers is die drommer en backing vocalist – voorheen van Vermoor jou Vriend e en ook Revolusie . Hy tree ook soms saam met Swiegers Senior op.

Dawie de Jager, Die Berg Dwerg , speel baskitaar maar is ook reeds die afgelope sewe jaar hoofkitaarspeler vir Klopjag . Hierdie dwerg is waarskynlik die rustigste en mees argelose van die groep, en daar bestaan geen twyfel omtrent die magiese uitwerking wat sy baard op die skoner geslag het nie.

Emile Swiegers – Die Lang Dwerg – speel hoofkitaar, is liedjieskrywer en doen backing vocals. Hy was ook voorheen deel van Revolusie en speel sedert hy 14 was vir Swiegers Senior.

Die Tuindwergies se eerste EP is in 2009 uitgereik – genaamd Tuis Gekweek wat talle verwagtinge oortref het. Hul eerste vollengte album kan hierdie winter verwag word.

Die Tuindwergies se eerste singles Kopskudkinders asook Sy Sê het goed gedoen op talle kampusstasies en word selfs op Jacaranda gespeel. Die sukses van hierdie singles asook hul musiekvideo’s het definitief gesorg vir ‘n nuwe dwerg-gevoel in die SA musiekbedryf. Hierdie videos is te sien op MK en KykNet.

Die Tuindwergies floreer ook by feeste soos Aardklop en KKNK en gaan iewers in Augustus op die gewilde Afrikaanse sepia Sewende Laan gesien word.

Die Tuindwergies se musiek “groove sonner pretensie” – dit bring beslis nuwe klank en energie na die Afrikaanse musiekpartytjie!

Comments
Leave A Comment