Oupa en Ouma sit op die Stoep en raak Romanties – Sondag 29 Mei 2011


Oupa en Ouma sit op die Stoep en raak Romanties

Met: Johan en Lida Botha. Teks: Leon Kruger

Oupa en Ouma sit op die stoep en raak Romanties is ’n nuwe, selfs meer snaakse en deernisvolle kyk na ou getroudes as die vorige Oupa en Ouma raak Romanties.

Hierdie stuk kyk na Oupa Stanley se chauvinisme en manlike selfvoldaanheid teenoor Ouma Debora se kamtige onderdanigheid, maar `n mens wonder tog wie uiteindelik die skottelgoed was. Kinders sien hul Oupas en Oumas in die twee oues, ou getroudes herken hulle kleinlike konflikkies in hul huwelike en mense op pad na die voorstoep begin onder groot gelag effe paniekerig raak oor die stoepsit wat kom.

In 2010 het die stuk by kunstefeeste in Oudtshoorn, Bloemfontein, Hermanus en Potchefstroom voor vol sale gespeel. En die twee toer nog steeds die land vol!

Comments
Leave A Comment