Jak de Priester – Sondag 12 Junie 2011
Jak de Priester skop sy Wes- en Oos-Kaap toer af die 2de Junie in Melkbosstrand, hy sal verskeie venues in en om die Kaap besoek asook teaters in Port Elizabeth, JBAY , Uitenhage en Oos-Londen. Die goeie nuus wat gepaard gaan met die toer is dat Jak sy nuwe cd vrystel getiteld ‘ROER JOU VOETE’ met 17 splinternuwe liedjies uit sy pen.
Dit is reeds twee en ‘n half jaar sedert die vrystelling van sy treffer lied Groen Mamba en aanhangers gaan ‘n fees van keuse hê op die nuwe 17 track album. ‘n Duet met Dozi (Die Oom song), en ‘n asemrowende gestroopte toonsetting van die Antjie Krog gedig Stasie, is twee hoogtepunte, plus nog 15 ander liedjies wat wissel van tema’s oor die liefde en die lewe.
Roer jou voete sal defintief ‘n happy gevoel in die onderlyf sit, terwyl Emigreer en Pretoria blues weer die heimwee in die hart sal sit. Êrens in die klein Karoo is die die hartstogtelike lied wat Jak de Priester vir Tannie Anna (sy buurvrou in Vishoek – sy is 98 jaar oud) geskryf het. Die liedjie is alreeds sedert laasjaar in aanvraag, maar aanhangers gaan nou eers die geleentheid kry om dit huis toe te neem. Spoor, Nes die weduwee se kruik en News Café is sterk liefdesballades en God se kind ‘n dooplied vir sy seuntjie Jamie.
En dan is daar ook altyd ‘n bietjie rebellie in die liedjie Padwoede en aanhangers sal defintief kan asoosieer met dié liedjie wag gaan oor spitsverkeer, taxi’s ens. In die konsert sal jy al die liedjies hoor met sy jong, funky musikante, getrou aan sy sy!
Kom luister dié stories en weet dan waar elkeen van die 17 nuwe liedjies vandaan kom.