- Uit die Nuusbrief van 25 Mei 2011 -

So die einde van die wêreld het gekom en gaan! Sien die probleem is nie dat dit nie die einde van die wêreld was nie – die issue is dat, toe ons almal so deurgekyk is, was daar maar baie min van ons wat skoon was om weg te neem!

En hier sit ons klomp agtergeblewenes nou met ons lot – nog altyd ‘n overdraft en huispaiemente en tieners in die huis.

Maar dit is darem ‘n hele spul beter as wat almal al die jare vir my belowe het oor hoe dit sal wees op daai plek waar ek gaan land as ek so aanhou. Ek meen – as ek dit geweet het, kon ek nog so ‘n bietjie ge-”push” het met die lewe.

Ons show pushers!

Hier by Potters sal ons maar ‘n bietjie push met die shows! Vannaand Jakkals en Leo. Hulle het gister kom kuier en is ook bly dat hierdie einde se storie
nou uitgesort is en ons kan aangaan. Kevin veral lyk of hy lus is om ‘n bietjie te “push”.

En dan is dit Chris Cameleon – die kunstige pusher in enige oktaaf wat jy verlang!

En dan push Ouma vir Oupa….

En dan is dit Eddie Eksteen – die Aards-pusher!

En Kaleidoskoop en Jak de Priester……………

Hier gaan ons nou maar nou maar ‘n biejtie petrol trap en die turbos aanjaag. Daar is nog baie shows wat gesien moet word. So haal nou maar die

voet van die brieke af – die lewe is nie so bad after all nie!

Kom vier dit gerus!

Comments
Leave A Comment