Die ander kant …

Ek ken nie eintlik die ou so nie! Hy’s vriendelik, het ‘n gemoedelike persoonlikheid en sing goed. Dit weet ek nou al. Maar binne 1 minuut flat nadat hy by Potters se deur ingestap het, is Chris aan die gesels oor sy nuwe album. Chris Chameleon is Chris Chameleon, maar ‘n opgewonde Chris Chameleon is something else….hierdie verkleurmannetjie is ge-rev! Dis ‘n sight!

Ek moes sommer onmiddellik  vir Denice ‘n CD-R gee sodat sy die ding vir my kan copy van haar rekenaar af. Sien die CD is nog nie eers uitgereik nie. Dit is sy eerste CD in twee jaar en die man is trots! Hierdie verkleurmannetjie loop op sy agterbene met ‘n ronde bors. En hy eet nie vlieë nie!

Nuwe album van Chris Chameleon.

Na die show het ek sommer die CD in my motor se speler ingedruk en in die donker oppad huistoe begin luister. Eers het ek al hoe stadiger gery – vergeet om petrol te trap. En toe trap ek daai pedaal!

Die CD is so halfpad geluister toe ek by die huis aankom. Ek val oor die honde soos ek my sleutelbord bestorm en ‘n e-pos aan Denise begin afstuur terwyl ek nog staan. “Die CD is sensasioneel! Kan julle asseblief vir my ‘n boksvol stuur om by Potters te verkoop? Sal Chris dit asseblief teken? Stuur meer inligting oor die CD! Wie doen die briljante backing vocals? Hoe lyk die cover?”

Die volgende oggend kry ek ‘n antwoord. Ek kry ‘n inligtingstuk en ja, hulle sal vir my ‘n boksvol stuur en Chris sal dit teken. Die inligtingstuk vertel dat dit nog van Chris se werk op Ingrid Jonker se gedigte is. Dit sê nie wie die backing-vocals doen nie. Ek bestorm weer die sleutelbord! Ek is ongeduldig. Wie sing saam met hom?!!! Dis toe wat my oog op die sin val “ al die agtergrondstemme is self deur hom ingesing” .  Unbelievable!

Jy sal Chris herken – wel die meeste van die tyd. Die CD het ‘n voller klank as “ Ek Herhaal Jou” en is meer divers. Jou onderkaak sal oophang oor Chris se uitsonderlike vermoë en jy sal respek kry as jy dit nog nie het nie. Net nou die dag skryf ek in die nuusbrief oor sommige Afrikaanse kunstenaars wat soos karaoke sangers aangaan. Wel – hierdie is aan die teenoorgestelde kant van die skaal. Way-waaay aan die anderkant.

Dít is hoe dit aan die kwaliteitkant van Afrikaanse musiek klink!

Sal julle laat weet as die CD’s by Potters geland het. Dit sal geteken wees. Sit maar jou naam op die lys as jy een wil bespreek.

En julle kan maar gerus vir Kaleidoskoop ook kom luister. Soos Chris sing hulle ook nie karaoke nie!

Comments 2 Responses to “Die ander kant …”
  1. Annemarie Emslie says:

    Ek stel baie belang in die CD van Chris Cameleon – so jammer ek nie sy laaste optrede bywoon nie – maar die CD sal dit weldoen.

    Baie dankie vir jul BAIE interessante nuusbrief elke week – ek geniet dit so – kan nie wag vir die volgende een nie.

    Groete

    Annemarie

Leave A Comment