Bok van Blerk en Peter Mitchell – Maandag 25 Julie 2011
Winter-wyn-toer, hier naby….soos nog min mense hom gesien het.
Die winter is hier en Bok van Blerk het net die ding om die ergste koue te verdryf – sy Winter-Wyn-toer met `n Bok wat min mense nog gesien het.
“Die winter vra vir lekker kuiers met `n glasie wyn in die hand voor `n kaggelvuur,“ sê hy. “Hierdie konserte is anders as my voriges – daar gaan net `n paar musikante saam met my op die verhoog wees om `n lekker intieme atmosfeer te skep, maar ons sal steeds al die grootste treffers sing.”
Peter Mitchell, die Kaapse sanger en musikant, deel die verhoog met Bok en behalwe musiek gaan die konsert `n goeie skeut komedie hê.
“Ons gaan stories en grappe vertel en die koue laat weglag,“ sê Bok.
Omdat Bok gewoonlik met sy volle orkes optree, is hierdie nou die eerste kans vir aanhangers by kleiner venues om Bok te sien, en dit soos nooit tevore nie.
“Die konserte is eintlik `n lekker kuieraand en `n goeie geleentheid vir my om mense van nader te leer ken. Ek sien uit na die winter op die oop pad.“
Behalwe by Potter’s Place in Jeffreysbaai gaan Bok by die Blouhond in Linden, Die Boer in Durbanville, Dorpstraat Teater in Stellenbosch, die Kalahari Restaurant in George, Barkleystraat Teater in Uitenhage en die Barnyard-teaters in Alberton en Mosselbaai te sien wees.
A Different Bok van Blerk and a different Peter Mitchell. What a show full of surprises. And we are not allowed to tell! so you will have to see for yourself.
See photos on our Facebook Page of this surprising evening!