Babalela – Sondag 10 Julie 2011

“Diep, diep in 'n donker bos woon die Babalela…

“Diep, diep in ‘n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer en waar die varings welig, diepgroen staan, in ‘n hol boomstomp net onder ‘n blaar, woon die Babalela…

Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy rye skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; en agt Fripperwakkies wat nie ophou kwetter nie.”

Op ’n dag kom ’n klomp mense met vangnette en toue. Hulle wil die Babalela en sy maats vang. Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang. Maar die Babalela het ’n plan. Hy gaan nie toelaat dat enige iemand hulle weer in bokse sit nie …

Daar is 3 boeke in die reeks:

  • Babalela
  • Diep, diep in die donker bos
  • Los ons uit!

Die Babalela het amper geen voorstelling nodig nie. Hierdie oulike, pers karaktertjie het al diep in die harte van heelwat maaitjies ingekruip en elke dag is daar nog iemand wat die avonture van die Babalela meeleef. “Diep, diep in ‘n donker bos…waar die son net soms deur die takke loer. Diep, diep in ‘n donker bos…waar die varings welig, diepgroen staan. Diep, diep in ‘n donker bos in ‘n hol boomstop, net onder ‘n blaar, woon…DIE BABALELA”

Comments
Leave A Comment