Abel Kraamsaal – Sondag 24 April 2011

Tyd: 18:30 vir 20:00;
Kaartjie: R60 per persoon;

Kraamsaal gee nuwe lewe aan plaaslike musiek

Die kraamsaal is waar geboorte aan nuwelinge gegee word en Abel Kraamsaal – bekroonde Suid-Afrikaanse sanger – se musiek is tekenend van hierdie lewensfase waarin enigiets moontlik is.

Die bekroonde Suid-Afrikaanse sanger, Abel Kraamsaal, wat eersdaags in PE en Jeffreysbaai optree. Foto: Gideon van Zyl

Met sy loopbaan lank reeds uit die kinderskoene, is Kraamsaal se nuutste CD, Die Afstand Tussen Tyd, verlede jaar as Vonk Afrikaanse toekennings se Beste Alternatiewe Album van die jaar aangewys.

Kraamsaal pendel tussen Port Elizabeth en Gauteng. Hy werk vir ‘n reuse IT-maatskappy en werk ewe hard aan sy musiekloopbaan. “Ek neem song vir song op soos ek dit klaar skryf”. Hy sê dit is belangrik om dié proses te volg, aangesien al sy band-lede, behalwe Robert Mitchley –wie reeds agt jaar saam met Kraamsaal optree – nuut is.

Hy beskryf sy nuwe musiek as ‘n natuurlike progressie van sy vorige werk. “Die kern-klank en -styl is min of meer dieselfde, maar dis meer gedrewe, amper soos my vorige musiek op steroids”.

Kraamsaal tree eersdaags by Potter’s Place in Jeffreysbaai op wanneer mense die sonderlinge geleentheid sal kry om na hierdie splinternuwe snitte, sowel as na sy ander immergroen-musiek te luister.

Comments
Leave A Comment