PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily
PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily
PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily PottersFamily
Skreeu solank ‘Hello!’ as jy oor die pad aangestap kom.Potters in Jeffreysbaai is ‘n plek vir vriendskap. Elkeen het hier ‘n storie. Kom sit en vertel joune.Vat jou tyd. Sit agteroor en eet en drink iets. Ons kos is lekker en vars. Ons los die fancy goed vir die ander mense. Ons kos is vir vriendskap en die siel. In ons bord raak die ertjies en die mash aanmekaar. As jou storie te ryp is, kan jy sommer met jou mond vol kos praat.Stap dan sommer deur die winkel en soek iets wat jy nog nie gesien het nie. Daar is baie daarvan. Ons winkel is ‘n teater op sy eie. Jy loop hier uit met ‘n klomp pakkies en ‘n beursie wat nog smile.

En vannaand kom kyk jy ‘n show . Dis die klein teater wat die dorpie gebou het toe Jeffrey’s nog jonk was en hulle lus was vir ‘n paartie. Die teater is nog altyd klein en is nog altyd vol paartie. So sit aan tafel, eet iets en skink jou wyn.

Dan leun jy vorentoe met ‘n bakhand agter jou oor. Luister goed… en snak na jou asem ….en lag….en pik ‘n traan. Gaan waar jy gelei word na verweg plekke en na baie-naby plekke. Vannaand na die show gaan jy huistoe met ‘n warm hart. Want jou nuutste vriend is ‘n kunstenaar.

Kom sit aan! Hier’s plek vir jou. Potters merk jou. Daar is net een Potters. Dis hy die. Jy sal ons nie vergeet nie. Ons belowe!

Ons harte klop harder!

You can shout ‘Hello!’ even before you enter.Potters in JeffreysBay is a place for friendship. Here everyone has a story. Sit down and tell yours.Take your time. Sit back and order something to eat and drink . Our food is fresh and delicious. We leave the fancy stuff for the other people. Our food is for friendship and for the soul. On our plate the peas and the mash touch each other. And if your story is really pregnant, you can talk with your mouth full.Take a walk through our shop and find something you have not seen before. You will see lots of that. The shop is a theatre by itself. You will be leaving with bags full of stuff and a smiling wallet.

And tonight you come and watch a show . This is the little theatre that the town built when it was still young and felt like a party. The theatre is still small and it is still full of party. So sit down, eat something and pour your wine.

Then you put your hand behind your ear and lean forward. Listen…loose your breath….laugh….drop a tear. Go where you are led – to far-away places and to really close places. Afterwards you leave with a warm heart. You will know that your latest friend is an artist.

Your place is here! Sit down. Potters will leave its mark. There is just one Potters Place and this is it. You will remember. We promise.

Our hearts beat louder!


Callie

Comments 6 Responses to “Hello!”
  1. Hi Callie

    Jou nuwe website lyk fantasties!! Baie geluk!!

  2. Helena says:

    Het julle nie resepte wat julle met ons wil deel wat so ver van julle woon nie. Ek was nog net eenkeer in julle omgewing en glo nie ek sal ooit weer daar kom nie. Ek geniet julle ingelegte knoffel geweldig en is nou deur die dokter aangesê om knoffel te eet, maar teen die prys wat dit hier verkoop word, sal ek bankrot word. Die knoffel smaak heerlik en jou asem stink nie. Dit is absoluut ‘n wenner. Groetnis. Helena

    • callie says:

      Hi Helena,

      So af-en-toe kan ons ‘n reseppie opsit, maar sommige goed is die goed wat ons uniek maak – soos die knoffel en die moerse sous en die Aphoteek se pilletjies.

      So dit gaan maar terg om my kop om daai een te kry!!

      Groete

      Callie

  3. Ernst Marais says:

    Vertel ‘n bietjie van jul skildery!
    Spesifieke mense?
    Beeld so baie emosies uit – amper ‘n vertoning op sigself.
    Wat het oor die dame regs (in blou) se lewe geloop?

    • callie says:

      Hierdie is ‘n afskrif van ‘n olieverfskildery wat Teria du Toit vir ons gedoen het. Sommer net ‘n Pottersfamilie. Tertia is bekend vir haar Cape Maidens-reeks wat sy vir Juno wyne gedoen het.

      Daar is ‘n Ouma & ‘n Oupa – die sameroepers en voeders van die familie-paartie, Daar is Pa, Ma,Oom & Tannie, Boet & Sussie vol son en hormone, baba met ‘n nat broek wat lawaai en ‘n Jannie wat ‘n plan het met hierdie paartie wat niemand anders bedoel het nie. Natuurlik moet daar ‘n besige hond om die kostafel ook wees.

      Die een op die regter-kant is verveeld met die skoon-familie en is suur vir haar man – met die baba. Daar is mos altyd ‘n suurgat op ‘n familie-paartie.

      Ons het haar later gebruik in ons nagereg-advertensie. Dit wys sy is suur vir die vrugte voor haar en sy wil eerder poeding he. Dit stel haar darem in ‘n beter lig. Jy kan haar in hierdie gewaad sien op ons Restaurant-tab op die website.

Leave A Comment