Valentine’s day – Stories of Love Songs – Tuesday February 14, 2012

Komplimentêre glasie vonkelwyn & ‘n spesiale Valentyns-menu met seekosse, steak en poedings.

Valentynsdag – Stories of Love Songs – FRANZ GELDENHUYS

Die internationale sanger en koor-afrigter, Franz Geldenhuys, het onlangs na Jeffreysbaai verhuis en het ingestem om by Potters ‘n Valantynskonsert te hou.

Die vertoning sal love songs van oor die hele wêreld insluit en die verskillende stories daarom.

Franz het aan die Technikon Pretoria se Operaskool gestudeer. Daarna het hy die International Voice Institute in San Francisco se diploma verwerf. Hy het verskeie opera produksies gedoen maar sy groot liefde was die ‘Lieder’. Later het hy oorgeskakel na ligte klassiek en van sy optredes was by die Royal Oasis Hotel in Malaga Spanje..Hy het ook met die samewerking van Tatra Travel, ‘n reeks konserte in Australia, Sydney, Newcastle en Melbourne en Pole vir kinders met kanker gedoen.

FRANZ GELDENHUYS

Een van sy vele hoogtepunte was ‘n optrede in die St Stevens Cathedral in Buddapest saam met tweehonderd kinders.

Hy was begeleier van die destydse Suid-Transvaalse Jeugkoor wat later by die Colla Voce Jeugkoor geword het. Hy het ook sy eie jeugkoor, die Bel Canto, in die Vaaldriehoek gehad. Daarna was hy vir verskeie jare begeleier van die Cantare Kinderkoor waar hy ook saam met die koor as solosanger in Oostenryk en Brittanje opgetree het.

Hy het by verskeie skole musiek aangebied en was veral baie betrokke met die skryf en afrigting van revues en operettes. Hy was ook verskeie jare as beoordelaar by kompetisies en kunswedstryde betrokke.

As sanger het hy ‘n passie vir ligte klassieke musiek, maar sy repertoire sluit ook Afrikaanse/Engelse/Franse en Italiaanse liedere in. Hy en Ds Jasper Louw is tans besig om ‘n gemeenskapskoor in Loerie te stig om vir die kinders die wêreld van musiek oop te maak.

Hy het hom in Jeffreysbaai kom vestig waar hy hoop om weer `n Musiekskool vir oud en jonk op die been te bring.

Musiek bring mense wereldwyd bymekaar.
Musiek bring hoop en musiek bring vreugde.
Musiek is my storie wat ek graag deur sang met mense deel.
Musiek is emosie en dis ‘n kragtige middel om mee uit te reik en lewens te verander.
lke dag wat jy wat musiek werk besef jy hoe min jy weet. Dis ‘n voorreg en nie ‘n reg nie.
Moenie net tevrede wees met drome nie wees jou droom. “Love changes everything”.

Valentyns Menu:

Calamari Orkes: Seafood Platter met Prawns, mossels, vis, calamari R98
Tiger Prawns: 12 prawns met lemon-butter of garlic-butter of peri-peri R85
24 prawns met lemon-butter of garlic-butter of peri-peri R145
Baby Kinkglip: With Lemon & Chive cream sauce R68
Blue Cheese &
Walnut steak:
200g Fillet with decadent blue cheese, mushroom and walnut
Sauce. Served with fig preserve and chips
R90
300g Fillet with decadent blue cheese, mushroom and walnut
Sauce. Served with fig preserve and chips
R115
T-bone: Served with pepper, mushroom or cheese sauce and chips R85.50
Cheese cake: With strawberry R21.50
Malva Poeding: With custard or ice cream R19.50
Austrian Chocolate Mousse Cake R34.50

Comments One Response to “Valentine’s day – Stories of Love Songs – Tuesday February 14, 2012”
  1. Yvonne Birch says:

    Baie dankie vir ‘n fantastiese show gisteraand met Franz Geldenhuys. Ek dink daar was ‘n paar sneesdoekies nat gemaak en baie vriendskappe hegter gemaak en getroudes wat weer besef het hoe gelukkig hul is om mekaar te bemin.

Leave A Comment