Stef Kruger – Saterdag, 26 November 2011

Op Facebook- Jan Blohm
“Waarna luister jy op die oomblik? Ek luister al vir die afgelope 3 dae na Stef Kruger se nuwe album. Dis great!!! “

Skilder jou liefde

Skilder jou liefde - Stef Kruger

  1. Kronkelpad beloftes
  2. Tussen jou en my
  3. My Wortelwêreld
  4. Pennies op die spoor
  5. Grassade in die wind
  6. Al gebeur wat
  7. Ma se “song”
  8. Ek dink aan jou (Muskus)
  9. Hou Koers
  10. In die boendoes van my hart
  11. Maak vir my ‘n skildery
  12. Dis bosveldmooi
  13. “Maybe” my “baby”
  14. Tussen die lyne

People often wonder where the really good songs come from, and sometimes we think it’s the genius of the singers themselves, but the answer would be no, these songs don’t just appear in mid air for us to pluck them out, these song come from the pens of brilliant song writers like Stef Kruger. Stef has written songs for so many South African singers including superstar Dozi, with songs like “Tussen Jou En My” and “Ek dink aan jou”
~
“Grassade in die wind”, “Tussen jou en my”, “Pennies op die spore” en “Ma se song” is almal Dozi treffers, maar die man agter die songs is Stef Kruger van Oudtshoorn.

Uit hierdie bekende liedjieskrywer se pen het al meer as 300 liedjies die lig gesien, waarvan baie van die land se bekende kunstenaars ook opgeneem het. Dozi het reeds 58 van Stef se liedjies opgeneem.

Stef Kruger

Binnekort verskyn ‘n nuwe Dozi CD getitel “Terug by die begin” met 14 nuwe liedjies wat Stef geskryf het. Stef het ook gehoor gegee aan openbare aanvraag dat hyself van sy bekendste liedjies sing en binnekort sal sy eie CD met die grootste treffers op wat hyself sing, verskyn.

Wie is Stef Kruger?

Kronkelpad Beloftes is die eerste liedjie van Stef Kruger wat op cd verskyn het (gedoen deur Lucas Maree). Daarna het dinge eenvoudig gesneeubal en seker die bekendste liedjie uit hierdie begaafde skrywer se pen tot dusver is Tussen Jou en My , wat aanvanklik deur Dozi opgeneem is en soveel mense aangegryp het, dat dit deur verskeie ander kunstenaars dit ook gedoen word.

Stef het in die klein Vrystaatse dorpie, Philippolis, groot geword. Hy is die jongste van 2 kinders (sy suster is heelwat ouer as hy) en dit was meesal hy en sy ma wat saam die lewe aangepak het, aangesien sy pa oorlede is toe Stef 13 jaar oud was.

Na skool sluit Stef aan by die SAPD en na sy ses maande basiese opleiding, doen hy ‘n oudisie vir die Polisie se dansorkes, waarvan hy vir die daaropvolgende 25 jaar deel was. In hierdie tyd hou hy aan met skryf, en toe sy ou vriend Dozi bekendheid begin verwerf en liedjies nodig het vir sy eerste Afrikaanse cd, nadre hy vir Stef. Die samewerking tussen Dozi en Stef sorg steeds vir die een treffer na die ander, met 10 van die 14 snitte of Dozi se nuwe album, Siyaya, wat deur Stef geskryf is. Dozi se nuwe CD, KRUISPAD, bevat 12 liedjies deur Stef. Ook is die derde oplaag van UITGEKNIP pas gedruk, daar is nou al 2000 van die boeke verkoop.

Wil jy meer oor die psige van Stef Kruger weet, is die beste insig in sy woorde en wysies te vind.

Lees meer ook oor hierdie bekroonde musikant en liedjieskrywer in die eerste uitgawe van VONK .

Wat inspireer Stef?
Stef reken mense is geweldig interressant en deur hulle dop te hou en met hulle te gesels, vorm die idees, woorde en klanke in sy kop.
Sy vriend Lucas Maree beskryf Stef se talent as volg: ” Dis die werk van iemand wat tyd goed gebruik om na die wêreld om hom te kyk, die sterre een vir een te pluk . Dis ook die woorde van een wat met ongewone insig praat oor die wêreld rondom hom, want sy lewe is ‘n tuin, sy heiligdom…waar mense klein glimilag oor die goeters in sy tuin waar die krane vasgebind is en die hek by sy tuin se bek oophang ….nes my bek oor sy manier van praat.”

Hoe het Stef ‘n liedjie skrywer geword?

Stef het sy eerste liedjie geskryf toe hy in standerd sewe was en doen dit nou al 27 jaar. Dis eenvoudig in sy bloed.
Hy skryf sy sukses toe aan “die talent wat aan my gegee is, mense en persoonlike ondervinding”.

Wat kom eerste; die woorde of die musiek?

Vir Stef kom die msuiek eerste en hy sal dae lank met die klanke in sy kop loop voor dit op papier neergelê word.  Daarna begin die woorde saamloop en geplooi op die wysie.
Stef se projekte

Benewens die beskibaar stelling van liedjies vir ander kunstenaars, het Stef ook onlangs ‘n eie CD, Pelgrimsreisiger , uitgereik, waarop die liedjies uit sy eie pen sowel as mond kom. Dis liedjies van hartseer, verlange, ‘n soeke na die self, maar ook berusting en geluk.

Sy debuut digbundel, Uitgeknip , wat ook bladmusiek insluit, verwoord ‘n diepere insig in die spige van ‘n denkende mens. Hierdie bundel is al verby sy derde druk, 3000 kopïe wat reeds verkoop is.

Pelgrimsreisiger is in winkels landwyd beskibaar.

Die eerste druk van Uitgeknip is reeds uitverkoop. die nuwe druk sal in 2004 op KKNK beskikbaar wees.

Stef se teaterproduksie, “Dagsê, Mede-pilgrim” debuteer in 2006 by Centurion Teater en sal ook op KKNK te sien wees. Hierdie produksie word uitgevoer deur Dozi en sy orkes (waarvan Stef een van die lede is).

Later in 2006 verskyn die album, “Kaleidoskoop”, ‘n versamel-album waarop verskeie kunstenaars elk een van Stef se liedjies vertolk. Die album bevat 8 bekende en 8 nuwe liedjies uit stef se pen en kitaar. Kunstenaars wat gehoor kan word sluit in Dozi, Valiant Swart, Mel Botes, Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Anton Goosen, Koos Kombuis en ander.

Stef se liedjies
(Stef het reeds 110 liedjies geskryf. Die onderstaande is sommige van dié wat al opgeneem is.)

- TUSSEN JOU EN MY
- JOEY
- HERFS
- KRONKELPADBELOFTES
- BOBBEJAANVASTRAP
- DIE IDEALIS
- MA SE SONG
- ‘N DUISEND VRAE
- VOLSTRUISPLAAS “BLUES”
- SOMTYDS
- TUSSEN DIE LYNE
- GISTER HET AAN JOU BEHOORT
- AMSTERDAM SE STRATE
- WELKOM IN MY HART
- DOBBELSTENE
- DIEP SPORE
- BOENDOES IN MY HART
- TUSSEN DIE LYNE
- STAAN NET ‘N BIETJIE STIL
- LEKKER VERJAAR FRIKKIE
- OM EN OM DIE SON
- AH-HA-HA
- JY’T ‘N VEER LAAT VAL
- SKEMERHEMEL
- EK HET JOU GESIEN
- IN MY TUIN
- EK VERLANG NA DIT
- IN DIE SKEMER
- NAMIDDAGSTILTE
- KANDAS
- EK DINK AAN JOU
- BIETJIEBROOD
- “MYNSONG”
- PENNIES OP DIE SPOOR
- “MAYBE” MY “BABY”
- LEë STRATE
- STOOMTREIN
- GRASSADE IN DIE WIND
- VULKANIESE KUNSTE
- PELGRIMSREISIGER
- WINTER
- DIE KWESSIE
- GERUGTE
- BIETJIE BROOD

Comments
Leave A Comment