Myra Maud – Maandag, 17 Oktober 2011

Myra Maud


“Ek het ‘n band met Afrika. My wortels is hier en ek identifiseer met die vasteland se kulture. Wanneer ek Afrika-musiek hoor, klink dit bekend. Ek verstaan dit; ek vóél dit. Ek hoop om ‘n groot deel van my hart met die mense van SA te deel.”- Myra Maud, die engelstem wat Franse flair aan ons eie Afrikaanse liedjies gee op die nuwe Afri-Frans-CD. (Sarie, Maart 2010)

Die Afri-Frans-album is deel van die Afri-reeks, wat tydlose Afrikaanse liedjies van dekades gelede neem en dit in sommige van die meer poëtiese Europese tale vertaal.

Die reeks het begin met die Afri-Frans-projek – die breinkind van die formidabele komponis, pianis, vervaardiger en entrepreneur, Matthys Maree. Sy musikale instinkte was in die kol, aangesien die Afri-Frans-album (wat in 2010 opgeneem en vrygestel is), binne twee weke goue status bereik het, en sedertien al die platinummerk behaal het. Hierdie album het die Suid-Afrikaanse publiek se verbeelding aangegryp, en word selfs aangestuur na familielede oorsee.

Afri-Frans

“Deur ons gunsteling musiek in ander tale te vertaal, blaas ons nuwe lewe in ons eie kultuur, luister met ander ore na dieselfde stories, en gee ons weer lewe aan liedjies wat ons lewens verryk het die afgelope paar dekades,” sê Matthys Maree. Hy glo ook dat musiek meer tot mense spreek, en dat dit nie net herinneringe terugbring nie, maar ook gevoelens aanwakker wat met daardie herinneringe geassosieer word. Die Afri-reeks is ‘n voertuig vir daardie emosionele konneksie.

Deur woorde en musiek vertel hierdie meesterstukke die pragtige verhale van die Afrikaner se visies, hoop, drome, liefde en teleurstellings. Ons alledaagse stories word nou wyd en syd gehoor. Die geleenthede blyk eindeloos te wees.

Comments
Leave A Comment