Manie Jackson en Anton Myburgh – Donderdag, 29 Maart 2012

Tyd: 18:30 vir 20:00;
Kaartjies: R100 per persoon;

~ Manie Jackson ~

MANIE JACKSON

FEITELEGGER
Doopname: Emmanuel Jackson
Verjaarsdag: 30 Desember (1979)
Geboortedorp: Pretoria
Getoëe: Pietermaritzburg & Wolmaranstad
Gevestig: Sonlandpark, Vereeniging

Uiteindelik is daar weer ‘n stem om opgewonde oor te raak! Hier is Manie Jackson met sy eerste Select-album! Hy sing country, hy sing pop, hy sing ballades, hy sing dansnommers… Kortom: hy kan en mag maar sing! Hy doen dit jare al en met daardie volronde stem het hy talle musiektoekennings verdien. Nou kry die hele land die geleentheid om sy stemgehalte en vertonings te geniet.

Die repertoire is saamgestel uit Europese melodieë wat die volle omvang en krag van sy stem (van suiwer tenoor tot ryk bariton) ten toon stel – met Afrikaanse, luistergerigte lirieke deur Sarah Theron, Neil Schoombee, Don Kelly en Manie self.

Daar gaan gejol word op Laat die mense praat, Ek begeer (jou elke keer net meer) en Vonke spat, gelangarm op Julia, Hier is my hart (Amorè Amorè) en Jy het my hart verlei, gewals op Bring die sterre nader en Onthou die eerste keer en gejodel op In Suid-Afrika kraai paartie koning of hoe? (met die vreugde van konsertina!).

Hy streel met die ballades Die hemel weet, Totsiens is nooit verniet, Hande, Engele en Kom laat my weer lewe. In Engels wys Manie met sy vertolking van Dennis East se komposisie The trouble with lov e waarom countrypop sy fortè is!

Sedert die vrystelling van diè album het Manie die byna onmoontlike vermag om binne drie maande goue-status daarmee te bereik, en die album is sterk op pad na platinum! Verskeie radio- en televisietreffers is ook opgelewer… so het Julia vir 10 weke die nommer-1 posisie beklee op RSG se Groot 5 ; Die hemel weet was vir verskeie weke nommer-1 op talle gemeenskapsradiostasies, waaronder Overvaal Stereo, Radio Houtstok, Bay FM en IFM 102.2.

Manie se twee video-opnames van Die hemel weet en Julia is ook gereeld te sien op die kassie. En daarby het hy ook nou al drie verskynings op TV gemaak, en dit in die programme DKNT (sy album kuier al vir weke op die Top 10!), Jukebox en Opskop. Manie het ook sopas die SAMA-toekenning in die country-genre verower, en daarby ook nog vriend en vyand verras toe sy album “MJ” na slegs tien maande platinumstatus bereik!

ANTON MYBURGH

Hy het beslis sy merk gemaak en het reeds Sterstatus, en kan deesdae nie voorbly met optredes by verskeie funksies, klubs en nasionale feeste nie. Sy optredes is ook gemik op oud en jonk, en bevat verskeie  musieksoorte, om aan almal se smaak te voldoen!
Geniet musiek wat opkikker; boonop deur ‘n stem vertolk wat die passie van musiek tot sy reg laat kom! En sy nuwe album “Liefde en Genade” is sopas uitgereik en beloof groot dinge!

ANTON MYBURGH

Ook bekend as MURGPYP is bekend vir sy treffers “SPINNEKOP”, “BOER EN SY ROER”, “DREAM MASJIEN” en “TOTSIENS HALLO GOODBYE”. Hy word beskou as een van die top afrikaanse liedjieskrywers met meer as twee honderd van sy liedjies wat deur van die land se top kunstenaars opgeneem is oa: “DEUR DIE STRAIGHTS”, “KATRINA”, “TATTOO”,en “SAARTJIE VAN BIESIESVLEI” om maar net ‘n paar te noem.

Dit is eers wanneer jy een van sy optredes bygewoon het dat jy besef hoe talentvol hy is. Hy neem jou op ‘n reis van 10 jaar se liedjies uit sy pen, die stories daaragter en die intriges rondom die sangers vir wie daardie leidjies treffers was. Hy sing ook liedjies wat nog nooit opgeneem is nie en sal jou wegvoer met die storie liedjies soos “VOETSPORE”, “REENBOOG”EN VELE MEER. Jy gaan lag ,huil en party. Sy nuwe treffer “ANNA VAN SALDANHA”kan gratis afgelaai word op sy webwerf www.antonmyburgh.co.za .

Comments
Leave A Comment