Lianie May – Thursday February 23, 2012

Tyd: 18:30 vir 20:00;
Kaartjies: R120 per persoon;

Lianie May

Lianie May se debuutalbum, Vergeet My Nie , is in September 2007 vrygestel en was een van die groot suksesverhale in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in 2008. Dit het gespog met verkope van meer as 120 000 en Lianie het verskeie toekennings gewen onder meer die Tempo-toekenning as gunstelinge nuweling én beste popalbum. Die grootste toekenning was egter toe dit in 2009 die Sama-prys as topverkoper in die Suid-Afrika oor alle genres gewen het, `n merkwaardige prestasie vir `n debuutalbum.

Ná `n Kerfees-album, wat baie goed ontvang is, is Lianie se volgende album, Boeremeisie , vrygestel. Dit het gesorg vir `n hele paar treffers soos Honey Honey, Skooljare, Dans Met My Baby en Die Een Wat Jy Wil Hê. In 2010 en 2011 het Lianie en Jay, die gewilde voormalige lid van die groep Eden en deesdae baie suksesvolle solokunstenaar, twee reuse treffers gehad met die duette In a Moment Like This en Toe Stop My Hart .

Haar nuwe album, Lank Lewe die Liefde , is in Julie 2011 vrygestel en bevat ‘n paar seker treffers. Daar is vier duette met Jay en nuwe liedjies vir haar geskryf deur Johan Vorster, Sean Else en Riana Nel. Hierdie album beloof om net so `n groot treffer as haar vorige albums te wees.

Lianie maak in November 2011 haar debuut as aktrise in die Afrikaanse rolprent Platteland waar sy die silwerdoek met groot name soos Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Jay deel.

Lianie is ‘n boorling van Oranjeville en sang was nog altyd haar groot liefde. Dit het egter jare se geduld en deursettingsvermoë geneem en sy het eers op 30-jarige ouderdom haar debuutalbum vrygestel ná Sean Else en Johan Vorster van Mozi Records haar ontdek het.

Lianie May is een van Suid-Afrika en Afrikaanse musiek se hardwerkendste en besigste kunstenaars en sy toer die land vol waar sy voor vol sale optree. Sy is besonder gewilde onder haar aanhangers en iemand van wie daar in jare nog baie gehoor gaan word.

Comments One Response to “Lianie May – Thursday February 23, 2012”
  1. zante says:

    Dankie vir al die moeite wat julle insit om kunstenaars hier te kry om dinge vir ons mense lekkerder te maak.lianie may se show was 1 van die bestes wat ek al gsien het en hoop om haar weer hier by julle te kom kyk.julle website is die mees georganiseerdste wat ek nog gsien het dankie daarvoor!

    Liefde
    Zante

Leave A Comment