Koekoes en Jakoos – Saturday January 28, 2012

Tyd: 6:30 vir 8:00;
Kaartjies: R50 per persoon;

Koekoes en Jakoos is twee manne vanaf Patensie in die Gamtoos met ‘n passie vir musiek; veral oorspronklike Afrikaanse musiek.

Koekoes begin in 2003 musiek maak na ‘n Koos Kombuis show by Potters Place hom so inspireer dat hy ‘n kitaar aanskaf en sy eerste songs skryf. Hy haal in 2004 die ATKV Crescendo kompetisie se semi-finale saam met Neil Somers. In 2008 neem Adam Tas sy liedjie “Ben Bicycle” op wat gereeld op afrikaanse radiostasies gespeel word. Hy skryf ook agt liedjies op Neil Somers se debuutalbum “Anderkant Atlantis”. Op Adam Tas se 2010 album;”Storm van liefde” word “Ben Bicycle” weer opgeneem saam met “Is dit hoe die Hemel lyk.”. Laasgenoemde was een van die album,wat al amper goue status bereik het,se groot treffers.

Koekoes en Jakoos

Jakoos is reeds van 12-jarige ouderdom ‘n kranige musikant wat verskeie instrumente sonder moeite baasraak. Kitaar bly egter sy gunsteling,omdat hy dit as die mees veelsydige instrument beskou. Jakoos se;”Jy kan soveel klanke uit die kitaar optower;enigiets van klassiek tot Blues en Rock.Dit is ook ‘n instrument waarop jy jou eie unieke styl kan ontwikkel.” Hy was lead-guitarist vir die band “Baarmoedergevoel”,en was ook betrokke by die skryf en toonsetting van baie van hulle songs.Jakoos was ook lid van die Stellenbosch studentekoor.

Dit sal die twee se eerste vol vertoning by Potters wees nadat hulle op twee vorige geleenthede vir Adam Tas die stage opgewarm het.Die manne het nog nie eintlik ‘n naam vir hulle twee as groep nie,hulle sal sien wanneer daar iets kreatiefs vorendag kom. “Op hierdie stadium geniet ons dit net net om saam op te tree. Ons sal maar sien wat ontwikkel hiervandaan. Dit sal altyd ‘n voorreg bly om op Potters se stage te staan. Dis ons mense;ons sien uit om die songs met hulle te deel.” Corne Muller is ook deel van die program wat beloof om enigiets van Afrikaanse folk-rock tot volbloed Rock en Roll en ‘n paar tong-in-die-kies skertsliedjies in te sluit.

Comments
Leave A Comment