Jan Blohm, Bacchus Nel en Marrisa West – Vrydag 12 August 2011

Jan Blohm doen doen toe ‘n akoestisie show! Mense was dit nou iets besonders! Lekker gelag en gesing en gesels. The crowd loved it! - Callie 13 Aug 2011

JAN BLOHM – LOTUS (live DVD) bekendstellingstoer

Jan Blohm - Lotus (Live DVD)

Sedert Jan Blohm in 2004 op die Suid-Afrikaanse musiekhorison verskyn het, het hy met elke projek sy onteenseglike talent onderstreep en bewys. En hy het dit reggekry, nie net deur talle gesogte toekennings in te palm nie, maar ook deur sy groeiende basis van lojale aanhangers.

Jan stel Lotus bekend, ‘n lewendige optrede opname DVD, met gunsteling liedjies vanaf sy CD’s Melkstraat Confessions, 7 Jaar en ‘n Stille Runaway, asook twee splinternuwe liedjies, Ruby en Ons Huisie.

Van die land se voorste musikante maak deel uit van hierdie opname, onder andere Anton L’Amour, Riaan Diedericks, Martin Labuschagne, Chrismari Nel, Brenda Biddulph en Elrine Spies.

Die significance van die Lotus het baie vlakke. Die lotus blom is een van die mooiste blomme, maar ook die enigste blom wat die beste groei in diep, vuil, modderwater. Vir Jan is hierdie ‘n metafoor van die lewe. Dit maak nie saak hoe sleg en moeilik een se lewensomstandighede is nie, mens het steeds die vermoë om uit te styg en een van die mooiste blomme te wees.

Jan Blohm

Breyten Breytenbach is, en was sedert Jan se jeug, vir hom ‘n groot inspirasie. Breyten Breytenbach het in die vroeë 70’s ‘n digbundel onder die naam Jan Blom gepubliseer, ook getiteld Lotus. Jan Blohm kon homself nie as ‘n celebrity voorstel nie, maar hy het homself wel ingesien as iemand wat lirieke kan skryf en kan uitvoer, en hy het ‘n karakter gekies, genaamd Jan Blohm. Met hierdie karakter betree hy die verhoog.

~~

Seven is a holy number that means full, perfect and complete – symbolic of the completion of a life cycle. With the release of rock poet Jan Blohm’s second DVD in seven years, this number is so much more meaningful. Did he not also release an album with the prophetic title, 7 Jaar?

Lotus: Live DVD was recorded in June 2011 in Die Liedjieboer, Midrand, in front of a live audience. This visual and musical feast is the perfect way to document this stage philospher and music artist’s enormous talent, which he introduced in 2004 to the South African public for the very first time.

The intimate Lotus concert is a colourful celebration and reunion of some of his favourite songs from CD’s such as Melkstraat Confessions, 7 Jaar and Stille Runaway, but is much more than just a journey through his greatest hits. The recording also includes two brand new songs – Ruby and Ons huisie.

Lotus is more than just a party with Blohm sharing his words and melodies. He is surrounded by some of this country’s foremost musicians. They include Anton L’Amour (on guitar), Riaan Diedericks, Chrismari Nel, Martin Labuschagne, with Brenda Biddulph and Elrine Spies on backing vocals.

Blohm serves much more than his poetry in motion. He is witty and satyrical with some priceless comical interludes. For example, he always thought that people who go to heaven would end up in Potchefstroom… Until he found out that they all went to Stellenbosch!

The title of Blohm’s new DVD has several meanings, on many different levels. The lotus is the only flower that grows in dirty, muddy water, far away from the sun. But when it blooms, it astonishes with its breathtaking beauty. This is a metaphor for life, Blohm explains. “It doesn’t matter how difficult or intolerable your life and circumstances are, one can always rise up and become one of the most beautiful flowers,” he says.

The Afrikaans poet Breyten Breytenbach inspired Blohm since his early youth. Breytenbach published a poetry book in the 70s, titled Lotus, but used the pseudonym Jan Blom. That moved Blohm to take Jan Blohm as his stage persona. And songs like Groen trui and Breyten se brief – both included on the new DVD – are tributes to Breytenbach.

Lotus: Live DVD is not your average rock concert. It is an energetic musical journey with one of the best musical maestros in Afrikaans. Blohm has a refreshing and unique view of the world, and shares it here with passion and musical magic. It promises to be much more than just a collector’s item for his loyal fans, including a bonus interview and several music videos. An absolute must see!

BACCHUS NEL & MARRISA WEST – Tussen Junk & Jewelry CD bekendstelling

BACCHUS NEL & MARRISA WEST

Die Pretoriase sanger-liedjieskrywer Bacchus Nel het meer as een Damaskus-ervaring gehad. Eers is sy liefde vir musiek deur sy ma se broers ontlont. “Die een het in ‘n one-man-band in die Holiday Inn gespeel. Die ander broer het tydens sy pas uit die army met sy kitaar kom kuier en ek het in die kamer inge-sneak om dit uit te check. Dit was magic!”

Die tweede was toe ‘n deeltydse verkoopsman van Standerton, Stephen Nel, sy sig weens ‘n motorongeluk verloor het, maar met nuwe oë na die wêreld begin kyk het. Deur musiek, stories en woorde het Bacchus Nel die lig gesien. Die krag van dié hergeboorte is die hartklop van sy jongste album, Tussen junk en jewelry – ‘n versameling van twaalf splinternuwe liedjies met Riku Lätti wat die produksieleiding behartig het.

Tussen junk en jewelry is ‘n album van teenstrydigheid. Dit is dié aangrypende spel met kontras wat Nel genoop het om die titel te kies. “Daar is ‘n bietjie junk en jewelry in alles.” Musikaal wissel die stemmings ook van die voete-jeuk saamsing-deuntjie van Ons ry die nagmerrie bloots tot die hunkering en heimwee op die titelsnit met sy country-klank wat plek-plek selfs aan die goeie ou dae van die Briels herinner.

Nel is meer as net ‘n blinde sanger en digter. Liedjies soos Sondagoggend basement blues en Vrou van kennis goed en kwaad illustreer sy oorrompelende talent as storieverteller wat met akoestiese rock, country, folk en selfs blues tot wyedoek-ervarings uitgebou is. In die ateljee is Nel omring deur top-musikante. Albert Frost, Gerhard Barnard van die Brixton Moord en Roof Orkes en Dawid Katz speel almal kitaar. Marissa West sing op verskeie liedjies saam met Nel en speel ook die bekfluitjie. Riku Lätti speel beide die kitaar en orrel. Dan is daar ook Rian Britz (trekklavier), Aiden Martin (mandolien), Olof Berg (banjo), Simon Kruger (baskitaar) en Peter Auret (tromme).

Die album – wat volg op sy debuut-album, In die arms van die nag – is gestroop, dog vol beeldryke wêrelde bedrup met poësie. Sonder tierlantyntjies. En die eenvoud word verder deur onderstreep wanneer Nel sê: “Ek wou net ‘n album maak wat lekker luister.” Hoewel hy verskeie gunstelinge het tussen dié gerf nuwe skeppings, sonder hy wel Bitterblou uit as een van die snitte wat vir hom persoonlik uitstaan. “Ek sing dié wat ek geniet en geniet dié wat ek sing.”

Tussen junk en jewelry is ‘n skatkis vol oorspronklike musiekjuwele deur ‘n rockdigter wat soos ‘n eietydse troebadoer sy luisteraar op ‘n onvergeetlike gevoelsreis neem. Afrikaanse rock breek hier deur sy donker grense met ‘n allegaartjie wat vir jare later nog deur musiekliefhebbers gekoester sal word.

Comments
Leave A Comment