Blooklyn Babalaas: Jak de Priester en Koos Kombuis – 13, 14 Desember 2011

Jak de Priester en Koos Kombuis

Jak de Priester en Koos Kombuis het gedink hulle vat ‘n kans deur saam ‘n produksie aan te pak. Sou die verskille tussen hulle te groot wees om te oorkom?

Maar die twyfel was verniet!

Die produksie “Brooklyn Babalaas” het gehore op hul voete gehad en resensente bekoor tydens (onder andere) die Woordfees, KKNK, Vryfees, Gariepfees, Cederbergfees, Innibosfees en ook in die pragtige nuwe spogteater, die Atterbury , in Pretoria. Sedert hul eerste optrede het Jak, Koos en hul ondersteunende musikante die produksie geslyp en verfyn tot ‘n meesterstuk.

Dit blyk duidelik uit die ontspanne wyse waarop die kunstenaars op die verhoog met mekaar skerts en ook uit die deernis wat hulle vir mekaar het, dat “Brooklyn Babalaas” uit die hart ontwikkel het.

Comments
Leave A Comment