Glaskas – Saterdag, 17 Desember 2011


Wie is Glaskas?

Sedert Glaskas se dvd “Verloor Myself” 3 jaar gelede vir 13 weke die nommer een op MK was, het die groep begin om die jeug te vermaak.  Deesdae bestaan die band uit Deon Meiring (Frontman), Chris van Dyk en Lolke-Louis Claassen.  Hul tweede album, “Engele wat skree” se “Meneer” en “Golflengte Verkeerdom” is reeds bekend.

Glaskas is definitief verslaaf aan live optredes en is voortdurend op toer.  “One klein dorpie at a time” die hele land deur!

Hulle optrede by Potter’s in Desember 2010 was ‘n histeriese sell-out.  Hier kom hulle weer!

Wie is Glaskas?

Glaskas het ontstaan toe die band in 2004 aan die Jip Rockspaaider-kompetisie deelgeneem het.

“Die wêreld bou ‘n glaskas om jou met al sy reëls en jy voel vasgevang, jy word teruggehou om die moontlikhede wat jy vanuit die glaskas sien te ervaar.  Maar musiek is die beste manier om stadig maar seker hierdie glas te breek…” www.glaskasband.co.za

Glaskas

Comments
Leave A Comment