Emile Minnie – Donderdag, 29 September 2011

Emile Minnie stel bekend: “Supernova”, sy splinternuwe Afrikaanse album.

Emile Minnie

Emile Minnie word deur Laurika Rauch beskryf as een van SA se top Afrikaanse liedjieskrywers. Sy het al drie van Emile se liedjies opgeneem, en resensente is dit eens dat Emile se liedjies absoluut puik is.

Emile se vorige album, “Nagmusiek”, is genomineer vir ‘n SAMA vir beste alternatiewe Afrikaanse album, Emile was onder die top 3 in die Huisgenoot Tempo Liedjiekompetisie, hy is genomineer vir ‘n Kanna by die KKNK, en hy was ‘n finalis in die ATKV Crescendo kompetisie.

Kom beleef nou “Supernova”: splinternuwe Afrikaanse liedjies deur die Meester van die Melodie, aangebied met Emile se kenmerkende humor, energie en styl. Emile sal ook gunstelinge doen van sy vorige albums, sowel as Franse liefdesliedjies van sy album “Chanson”.

Luister na die “Supernova” liedjies: Eva en Vang-my en nog meer by www.emusiek.co.za/emile .

Besoek gerus Emile se webtuiste www.emileminnie.com

Emile Minnie

Emile Minnie

Comments
Leave A Comment