Die Vagina Monoloë – Saterdag, 21 April 2012

Tyd: 18:00 vir 20:00;
Kaartjies: R100 per persoon;

Met : Antoinette Louw, Lulu Botha en Simone Biscombe

Vertaling en verwerking: Antoinette Louw

Vervaardiger : Antoinette Louw

Waarnemende vervaardiger: Deon Opperman

Regie : Nanine Wessels

Ouderdom : GEEN o/18

Lengte van produksie : 60 min

Die Vagina Monoloë is ‘n briljante vertaling en lokalisering van ‘n uitmuntende verhoogstuk.  En dié plaaslike produksie spog met drie hoogs talentvolle akteurs wat elke nuanse net reg verstaan en vertolk.  Dit is volwasse, intelligente vermaak wat jou laat lag, huil en bowenal diep laat dink.”                           - Deon Meyer, skrywer

Die Vagina Monoloë

Gé Korsten, Omo, Wilson-toffies, Wat Elke Meisie Moet Weet en. . .  “daar onder”.  Alles eg Afrikaans.  En nou word Eve Ensler se wêreldbekende The Vagina Monologues ook huis toe gebring en in Afrikaans aangebied!  Die essensie van die toneelstuk is vroulikheid in al haar fasette.  En deur middel van eg Suid-Afrikaanse karakters (van Waterkloof tot Mitchells Plein) gee Die Vagina Monoloë ’n stem aan vroue (en mans!) se – geheime en onderdrukte- vrese en fantasieë.  Tot wysheid en geluk en hartseer.  En ja, natuurlik ook tot seksualiteit, want saam met seksualiteit, kom ook weerloosheid . . .  Met Antoinette Louw ( Nag, Ma, Dis ek, Anna; Die proponentjie; 7de Laan ), Fiesta-genomeerde Lulu Botha ( Griera kry geleerheid; Die proponentjie; Paloekas ) en Simone Biscombe ( Villa Rosa; Kaapse Kabaret ).

Bookings essential

If you have any inquiries regarding the shows, don't hesitate to email or phone us.

Skakel of mail ons gerus oor alle show navrae.

Tel. : 042 293 2500
E-mail : [email protected]

Adres / Address :
Hoek van Oosterland & St Francis Straat, Jeffreysbaai
Corner of Oosterland & St Francis Street, Jeffreys Bay

Comments
Leave A Comment