Dewald Wasserfall – Saterdag, 10 December 2011


Dewald Wasserfall

Dewald het op 12-jarige ouderdom begin kitaar speel en liedjies skryf. Na skool is hy na die destydse Technikon Pretoria waar hy sy Nasionale Diploma in Vermaaktegnologie ontvang, tussen mede studente soos Izak Davel (Ballet) en Altus Theart (Drama).

Al het hy uitgeblink in die tegniese veld het sy groot liefde hard geroep. In 2005 het hy besluit om voltyds musiek te maak en die groep “Wasserfall” gestig, saam met Larry Pullen.
Die groep bring 2 suksesvolle albums uit voordat hulle in 2011 halt roep. Dewald begin homself vestig as solo kunstenaar en begin onder sy eie naam, “Dewald Wasserfall” optree.

Dewald het al verskeie top 10 liedjies die lig laat sien, onder andere “Suikerbos”, “Pretoria – Wes”, “As jy inval”, “All about Me” (Alles deur Wasserfall), asook verskeie treffers vir ander kunstenaars soos Lianie May se “Boeremeisie” en Bok van Blerk se “Sink of swem”. Sy werk kan ook op die volgende kunstenaars se albums gehoor word : Karlien van Jaarsveld, Jay, Flipacoin, ADAM en Tanya van Graan.

Alhoewel Dewald ‘n kranige liedjieskrywer is, hou sy optredes hom nou die besigste. Hy doen tussen 8 en 15 shows ‘n maand en los altyd ‘n gelukkige gehoor agter !
Dewald is tans hard aan die werk aan sy eerste solo album

Comments
Leave A Comment