Bye Ma, Jaypee. – Donderdag 25 Augustus 2011

Bye Ma, Jaypee is ‘n absolute STUN-ing show. This is a must-see show, wherever you are and whenever you get a chance. This is top-class acting by Chris van Niekerk. Ek het dit ligte op dim gehou na die vertoning sodat die gehoor hulleself eers weer kon vind. Jy lag nog – en dan staan jou eie ma voor jou. Eish! (Callie -26 Augustus 2011)

BYE MA, JAYPEE (gebaseer op ‘n ware verhaal)

MET: CHRIS VAN NIEKERK
REGIE: MARGIT MEYER-RÖDENBECK
TEKS: DALEEN KRUGER
VERVAARDIGERS: HERMAN PIETERS & MARGIT MEYER-RÖDENBECK

BYE MA, JAYPEE

‘n Ruk na Ma Grieta op die wit laken gaan lê het, haar siel aan God gegee het en die res van haar “aan mense wat dit nodig het” , het Jaypee in 2002 begin om elke jaar ‘n brief aan sy Ma op haar verjaarsdag in Die Burger se doodsberigte te plaas:

“Vandag is Ma 95. Dankie, Ma, dat Ma my grootgemaak het of ek heeltemal normaal is en nooit “odd” laat voel het nie. Deon Chang sê op ‘n Woolworths poster “it’s a privilege to be different”. Ek kan my voorstel Ma met vlerke en die spierwit hare. Ek wonder hoe lyk Hansie met vlerke.” (Die Burger; 11 Okt 2004.)

Die vertoning is ‘n menslike verhaal met lewensgetroue humoristiese oomblike wat jou sal laat huil van die lag, net om kort daarna weer ‘n hartseer traan weg te pik. “Oprah Winfrey sê ‘n kind kies sy ouers. As ek alles in die lewe verkeerd gedoen het, het ek ten minste een ding reggedoen en dit was om Ma te kies. Bye Ma, Jaypee.”

Write up van Volksblad: Gehoor hang aan Van Niekerk (Jaypee) se lippe – (Stefnie Brink)
In 2002 begin Jaypee Malherbe om vir sy ma, Grieta, op haar verjaardag, onder die doodsberigte, ‘n brief in Die Burger te skryf. Op haar 95ste verjaardag skryf hy: “Dankie, Ma, dat Ma my grootgemaak het of ek heeltemal normaal is en nooit ‘odd’ laat voel het nie.”

Vir net meer as ’n uur sit die gehoor vasgenael aan Jaypee (Chris van Niekerk) se lippe. Aanvanklik lekker aan die lag vir dié anderste kêrel se pogings om aan te pas in ‘’n kleindorpse gemeenskap.

Kliek op die foto om die write up van STRONK (12 JUlie 2011) te lees.

Met deernis kruip hy onder die toeskouer se vel in en skielik begin jou eie ma voor jou staan en dan het Jaypee jou in die holte van sy hand.

Sy dapper poging om die soetkoekie-kant van gay-wees in te kleur met snaaksighede kom egter tot ’n einde as sy ma se vernielde gesig per toeval op die doek verskyn. Dan die klimaks as die soutkant van die seer onverbloemd openlik voor jou kom staan. Dan is dit nie meer ‘’n gehoor wat half agter die hand loer na die manewales van die moffies nie, dit word daai onbeskryflike band tussen kind en ma wat aan die wortel van menswees lê.

Van Niekerk se vertolking is besonder natuurlik en geloofwaardig. Dit is ’n voorreg om ‘’n uitstekende teks, visueel, in die hande van ’n talentvolle span te sien blom. Daleen Kruger vervleg in haar slim teks die vyfjarige seuntjie se aanvanklike vasgegroeide tong en stilswye met die ma se woordeloosheid ná haar mishandeling. Die pa se dronkheid word weer gereflekteer in die ongelooflike pyn van Grieta kort voor haar dood. Die kontras tussen die eerstevlak (vertelling) van persoonlike herinnering en die verdere verdieping in die visuele flitse van Jaypee en sy ma in hul alledaagse samesyn, dra by tot goeie verbinding en opklaring van die gegewe.

Comments
Leave A Comment