WOW – Saterdag 5 November 2011

Wow-Ster Jeffreysbaai

Wow-Ster Jeffreysbaai word by Potter’s Place gehou op 5 November. Skryf nou in voor dit te laat is op www.wowster.co.za of kontak Elsabe op 082 573 6854 / [email protected]

Neem deel – dis meer optreegeleenthede!

Deelnemers wat sing en/of ‘n instrument bespeel skryf in vir elke talentdag en tree op voor ‘n gehoor wat begrip het vir die ontwikkelingspad wat geloop moet word. Deelnemers betaal inskrywingsfooie maar geen toegangsfooi word gehef nie.

Daar word ses ontwikkelings talentdae per jaar in elke deelnemende dorp (Graaff-Reinet, Jeffreysbaai, Port Elizabeth en Somerset-Oos) aangebied. Uiteindelik kry die beste deelnemers onder almal die geleentheid om aan die GOUE DROME WOW!-STêR FINAAL op 26 November in die Port Elizabeth Operahuis deel te neem.

Gaan lees ook : MARGOT VAN JEFFREYSBAAI IS EERSTE 2011 MINI WOW!-STêR

Comments
Leave A Comment