Kaleidoskoop – Saterdag 4 Junie 2011
Kaleidoskoop is an Afrikaans music group composing colourful harmonies and polyrhythmic acoustic tunes across a wide spectrum of musical genres, as their name (Kaleidoscope) suggests. Their lyrics are full of youth, hope and love, and echo the style of a blog.
Kaleidoskoop is ‘n Afrikaanse musiekgroep wat met hulle oorspronklike musiek die “opbeurproses aan die gang sit, ons kleurvolle melodielyne en musiek sal swaar gemoedere genadeloos kafdraf,” sê Jouba Joubert, medesanger.
Hul musiek word uit ’n positiewe maar realistiese oogpunt gekomponeer… en sluit ’n broodnodige boodskap van hoop in. Kaleidoskoop se kleurryke harmonieë en skerp poliritmiese akoestiese instrumente sluit ’n wye spektrum musiekgenres in, en soos hul naam suggereer, laat hul musiek jou anders na die kleure van liefde, menswees en die lewe kyk… kom kyk saam!
Die groep het die naam Kaleidoskoop gekies juis oor die kleurvolle positiewe uitkyk van die lewe. “Ons lirieke word geinspireer deur mooi mense, verhoudings en situasies. Als wat mooi en goed is kom van God af, so ja, ons inspirasie kom van God af.”
Die spontane groen Anique Jordaan is hoofsanger en speel die klavier, Jouba Joubert speel akoestiese kitaar, perkussie, mondfluitjie en sing ook – ‘n grappige blou . Ben Ludik speel akoestiese kitaar, akoestiese baskitaar, trekklavier, gloc kenspiel en is ’n interessante geel .
“Ons lirieke rym nie net nie, maar maak ook sin met ’n dieper betekenis. Ons is ook nie kwaad vir ons ouers, die kerk, die politici of die Here nie. Nee, ons wil glo ons musiek spreek lewe en dat alle mense baie maklik daarmee kan assosieer.”
Kaleidoskoop se musiek vergelyk akoesties met die musiek van Chris Chameleon en Ddisselblom, en op Internasionale vlak met die musiek van Simon&Garfunkel en Matt Costa. “Ons sou ons musiek beskryf as akoestiese folk-pop.”
Nuutste musiekvideo Moedersmelk:
YouTube Direct
Bang Jan Dooie Man Musiekvideo:
YouTube Direct
Hulle kiekies, musiek en alle informasie is als te siene op hul website, gaan loer asb. by www.kaleidomusiek.co.za