Die Bleek Beruste Broers en Susters-toer – Sondag, 1 April 2012
Tyd:
18:30 vor 20:00;
Kaartjies:
R100 per persoon;
Die Vrye Radikales bied aan: Die Bleek Beruste Broers en Susters-toer
met
Andries Bezuidenhout, Brixton Barnard en Marguerite Visser
Die konsep:
Drie kunstenaars uit Johannesburg se underground, bekend as Die Vrye Radikales, vat musiek en skilderye op toer. Beide musiek en skilderye werk met die Suid-Afrikaanse landskap as tema en tree tydens ʼn musiekvertoningvertoning-kunsuitstalling met mekaar in gesprek. Die toer se vaandel – Die Bleek Beruste Broers en Susters – word van twee van die lede se CD’s se titels ontleen.
Agtergrond:
Die Brixton Moord en Roof Orkes bestaan uit sterk individue wat nie huiwer om hul eie projekte aan te pak nie. Dit is die algemene gevoel dat hul uiteenlopende reise positiewe energie terugbring na die groep se kreatiewe proses.
So het Andries ‘Roof’ Bezuidenhout oor die laaste paar jaar die digbundel Retoer (Protea, 2007) en ʼn rubriekbundel met die titel Toeris in Hillbrow (Human & Rossouw, 2010) gepubliseer. Sy tweede solo album Bleek Berus (One F Music, 2009) het natuurlik ook die lig gesien.
Drikus ‘Brixton’ Barnard het Bleek Berus se produksie behartig en daarna sy eie solo album Hartseer Broers Nooitlag Susters (One F Music, 2011) voltooi. Albei die werke is besonders positief deur die publiek en pers ontvang (sien uittreksels uit resensies hiernaas). Andries en Drikus het om hierdie rede besluit om die werke verhoog toe te vat (Uiteindelik!).
Hulle het kunstenaar en musikant Marguerite Visser gevra om by hulle aan te sluit vir die vertonings. Marguerite en MC Roodt het in 2011 met hul uitstalling ‘(ge)integr(i/eerde)t(eit/yd): a visual sonnet cycle’ Barnard en Bezuidenhout se aandag getrek. Die kunswerk het woord en beeld suksesvol in gesprek laat tree. Die werk is in Johannesburg, Bloemfontein en Potchefstroom uitgestal.
(Lees meer hier daaroor:
http://sonnet.withtank.com/
)
Die idee het posgevat om musiek en beeldende kunste op ʼn soortgelyke wyse in te span.
Met Bleek Beruste Broers en Susters word woord, klank en visuele beeld ontgin. Andries, deesdae ʼn skilder in eie reg, en Marguerite het werke geskep wat aansluit by die uiteenlopende temas op Bleek Berus en Hartseer Broers Nooitlag Susters – temas wat handel oor landskappe, trauma, verval, maar ook herstel en berusting.
Dit mag swaar klink, maar die trio bring natuurlik ook hul sin vir humor en liefde vir saamkuier na die tafel. Gehore kan verder uitsien na interpretasies van nuwe Brixton Moord en Roof-materiaal en ʼn paar immergroen gunstelinge.
Uit die media:
Ek was nie heeltemal gereed hiervoor nie. Nou nie eintlik werklik tred gehou met wat aan die gang is in Afrikaanse musiek nie – veral nie die alternatiewe sy (as mens dit so ken noem) nie. Met die hulp van Ansie Kamffer het ek darem nou bygekom, ‘n paar weke nadat Brixton Barnard my oorbluf het, en ken ek die verskil tussen Paul Riekert en Trike en Andries Bezuidenhout. Nou moet ek dadelik sê: Hartseer broers, nooitlag susters is ‘n moerse goeie album. Kitaar-georiënteerd, onopgesmuk, behalwe … As jy eers aanvaar dat die plasing van Barnard se stem effe tru in die klankvermenging absoluut korrek is om die maksimum verlatenheid, eensaamheid en enkelingskap te suggereer, dan begin dinge in plek val. Barnard laat sy blik meestal rus op die Afrikaner in ‘n werkersomgewing, dikwels met ongelooflik triestige gevolge – vgl. die man wat in “Berusting” Sondag van die kerk wegbly sodat hy na Jim Reeves kan luister. Donder – kan jy dink wat in sy kop aangaan? Daarteenoor moet jy aandag gee aan die manier waarop die instrumente in “Ford Granada” om mekaar dartel, mekaar aai, rustig vroetel op jou oortromme. “Ford Granada” is ‘n befokte liedjie, die hoogtepunt waarop die album sluit. Dit het verskeie genote wat gehalte betref: “Waarheen nou?” (wat jou tot trane behoort te dryf, was dit nie vir die speelse musiek wat die man se verleentheid relativeer nie), “Sprokie van ‘n fabriekswerker”, “Gelykenis van ‘n blom” en “Berusting”. Uitstekende musisering, prima produksieleiding deur Paul Riekert… Gaan koop dit en luister oordentlik daarna. –
Kerneels Breytenbach op LitNet
Every now and then an artist manages to make an album so bold, so brilliant, that it forces a retrospective look at their previous work in search of signs that this new work could have been predicted. What I am trying to say is that Hartseer Broers, Nooitlag Susters is the magnificent album that Brixton Barnard has always threatened to make, but never got round to, until now… It is not as though there is no precedent: Barnard’s songwriting across three Trike albums released on the One F Music label had moments of genius and his songwriting contributions for veteran Johannesburg band Brixton Moord en Roof Orkes have also been lauded by many fans and critics. But Hartseer Broers, Nooitlag Susters is a game changer and hopefully a sign that this very talented songwriter is about to hit a golden streak… Some of Barnard’s finest songs, such as Toon van Heerden and Sarah Ruimtevaarder, need to be heard to be believed — yes, they are that good — and if Universie Nasie does not bring a smile to your face, then you have overdosed on the Botox treatment. If you have ever given a shit about the heritage of Afrikaans songwriting, then this is one album you cannot afford to miss.
-
Lloyd Gedye in die Mail & Guardian
“Modest” is the best word to describe Andries Bezuidenhout. Throughout our two-hour interview he constantly tries to downplay the importance of his work as a singer/songwriter, as someone who carried the Voëlvry spirit into the 21st century. But for me Andries is one of the most exciting and versatile characters in the alternative Afrikaans scene. Many will know him as the singer of the now defunct Brixton Moord en Roof Orkes. But he’s also a sociologist at Wits University and a columnist for Rapport, while last year he published his first volume of poetry, Retoer. It took him five years to come with a follow-up to his first solo album, Insomniak se Droomalmanak. But the recently launched Bleek Berus was well worth the wait. Largely produced by Andries’s ex-band mate Drikus Barnard it has a bleak, almost tinny sound and songs that tell tales of leaving, murder and ecological disaster. Discomforting tunes for an uncertain age, but always with a touch of humour.
-
Fred de Vries, LitNet
Oukei, hier hoor ek nou ’n liedjie wat vir klassieke status bestem is, is ’n gewaarwording wat jy bitter selde kry. Dis dan wanneer jou bloed ’n snaar word, soos David Kramer sê, en jy vergeet van alles anders in en om jou. Ek het daardie spesiale transendentale hoendervleis ervaar toe ek as omgekrapte 17-jarige in 1988 vir Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band in die ou Grand Central in Kerkstraat gaan kyk het en deur Hillbrow oorweldig is. En byna 20 jaar later by Oppikoppi 2007 word ek deur dieselfde gevoel herbesoek toe Andries Bezuidenhout sy “Dis net werk toe wat ek nog deur Hillbrow ry ” begin speel. “Certain songs they get so scratched into our souls” sing The Hold Steady, en Bezuidenhout se Hillbrow, wat direk na Kerkorrel se liedjie en ook Donker donker land verwys, is een van daai – die soort ballade waarop Leonard Cohen trots sou wees. Bezuidenhout ploeg nie met Kerkorrel se kalwers nie, maar hy vermag dieselfde as Kerkorrel destyds – hy laat jou op die maat van ’n onweerstaanbare hartseer deuntjie met ’n koue rilling besef waar jy jou nou bevind:
“Jy weet, ek ry nou die dag verby die Chelsea Hotel,
Vensters toegespyker, haar dae is getel,
Geen Mini-Cult Cinema, geen Estoril Books.
Hoe gaan dit in Londen, het jy gevind wat jy soek?
En ek weet nie meer vir wie om my hart te gee nie
En tog het ek nooit daai ou songs verleer nie.
Dis net werk toe wat ek nog deur Hillbrow ry.”
En hierdie is nie die enigste juweel op Bleek berus nie. Bezuidenhout, vroeër die hoofsanger van die Brixton Moord en Roof Orkes, se tweede album bevat tien ambisieuse snitte wat veral die woord, die werklikheid en die emosie van woestyn verken in duister lirieke, mineurtone en afsydige melodieë vol skaduwees. Daar is Sandmyn se “Hier myn ons vir klank, vir woord en taal, / maar uiteindelik kom die duine om dit terug te haal”; Kliphart se “So bring die buie, bring die reën, / laat die wolke hul trane oor droë grond ween”; Droogte se “Maar as ’n koue nag jou lippe kom soen, / die woestyn deur jou are spoel, / weet jy sand kan ook in rivier vloei.” En dan die epiese 14 minute lange laaste ballade Vernichtungsbefehl oor die Herero-volksmoord van Duitsers in Namibië met sy refrein wat aanhou spook: “Ferdinand, hierdie land laat slegs besoekers toe.”
Bezuidenhout het reeds met sy solo-debuut, Insomniak se droomalmanak (2003), bewys dat hy ’n hoogs begaafde liriekskrywer is, maar sy tweede is musikaal interessanter, veral vanweë Drikus Barnard se musiekregie wat intieme akoestiese kitaarspel treffend met elektroniese klanke en slagwerk inkleur en vervreem. Dis ’n merkwaardige album wat verbete probeer sin maak van ’n ongenaakbare wêreld, en in die proses Bleek berus vind in die treurige skoonheid van woord en klank.
-
Danie Marais, Beeld
He may describe himself as a mere “blip” on the Afrikaans cultural scene but Andries Bezuidenhout’s new album Bleek Berus (One F Music) positions him as one of the country’s most significant songwriters. This is evident on the poignant Dis Net Werk Toe Wat Ek Nog Deur Hillbrow Ry, a nostalgic lament, which poses the question: What happened to the Voëlvry generation? Johannes Kerkorrel’s Hillbrow was an anthem for the youth that rallied around the Voëlvry movement, so Bezuidenhout’s confession that the only time he thinks about the run-down suburb is when he drives through it on the way to work is a severe indictment of how times have changed between 1989 and 2010. Bezuidenhout acknowledges this in the liner notes when he describes the song as being about the Voëlvry generation who now drive BMWs and are too afraid to pick up hitchhikers. In 1989 Kerkorrel was singing “gee you hart vir Hillbrow” and taking the piss out of racist South Africans behind the wheels of their BMWs voting for the National Party. Bezuidenhout in 2010 is asking the questions: What has become of that punk spirit that fuelled Voëlvry? And what has become of those who were so inspired by Kerkorrel, Koos Kombuis and Bernoldus Niemand? “En ek weet nie meer vir wie om my hart te gee nie/ en tog het ek nooit daai ou songs verleer nie/ dis net werk toe wat ek nog deur Hillbrow ry,” sings Bezuidenhout. Addressed to a Laetitia who is living abroad, the song stands as one of South Africa’s finest pieces of social commentary in which Bezuidenhout reaffirms his commitment to South Africa through dialogue with his friend who has emigrated. “Is ek deel van hierdie land met liefde en hart/ het ek te veel gegee en te veel gevat/ om die donker land nou te verlaat”. In a recent interview on Litnet Bezuidenhout talked about the influence of Voëlvry. “It was sort of a collective ‘fuck you’ to the Bothas,” says Bezuidenhout. “I was 19 when Voëlvry happened in 1989.” In this interview Bezuidenhout describes his band, the recently reformed Brixton Moord en Roof Orkes, as the “third wave”, the first being the Voëlvry musicians and the second including people such as Valiant Swart and Joos Tonteldoos. “People know me more as a newspaper columnist than as a musician,” he tells journalist Fred de Vries. Athough he describes this third wave as a “blip” on the cultural radar, the quality of the songs he has written on Bleek Berus disputes his self-deprecating attitude to his art. Songs such as Die Ritme van Chaos, which takes on the subject matter of white suburban fear, and Die Laaste Brandwag, which grapples with ecological disaster, are superb additions to the canon of South African folk music. For, ultimately, that is exactly what Bezuidenhout is offering up on Bleek Berus — an album of contemporary Afrikaans folk songs, with their collective tongue firmly placed in their collective cheek. One only has to listen to the cheesy arrangements that invoke the spirit of Leonard Cohen circa 1988′s I’m Your Man and 1992′s The Future to see that Bezuidenhout is dealing with very heavy subject matter in a light-hearted way. The recurring themes on the album are of drought and the desert, the Namib in particular, as the legacy of South Africa’s border wars are dealt with. The last song, Vernichtungsbefehl, deals with the Herero genocide in Namibia and particularly how the desert dunes hide the skeletons — they are complicit in the cover-up. As the title suggests, the album is fascinated with the idea of white people finding peace in the new South Africa, reconciling their troubled history and positioning themselves within the social fabric of South Africa — and the bleak dry landscape is the perfect metaphor for that history. While friends emigrate and others live in fear, Bezuidenhout is looking forward — too much a part of this country to quit, but also disenchanted with the way most white people live their lives in the new democratic South Africa. Is the Voëlvry message still relevant to white South Africans in 2010? Bezuidenhout doesn’t have the answers, but he is asking the questions.
-
Lloyd Gedye in Mail & Guardian
Marguerite Visser het al deelgeneem aan verskeie groepsuitstallings. In 2009 besorg een van haar landskapskilderye haar plek as finalis in die jaarlikse ABSA l’Atelier. In dieselfde jaar word sy ook gekies om deel te neem aan die Fractal Young Artists’ Exhibition, aangebied deur Oliewenhuis Kuns Museum.