André Schwartz – Maandag 8 Augustus 2011
André het gisteraand sy Ooskaap toer by Potters Place ge-open en dit was briljant. Staande ovasies en Bravo’s teen die einde van die aand. Hy is twee keer teruggeroep. Moenie hierdie show misloop nie. Hy’s Dinsdag in PE (La Colline) en Woensdag by Barklystraat in Uitenhage.
André Schwartz volg sy hoogs aangeskrewe optrede van die titelrol in “Phantom of the Opera” met ‘n “Swing and Big Band” album wat sekerlik sal bydrae tot hierdie gesoute kunstenaar se sukses en sy aanhangersbasis sal verbreed.
“Ek is bitter opgewonde oor hierdie nuwe album,” se Andre oor die opwindende cd.
“Dit was ongelooflik lekker om dit op te neem en te bou op als wat ek tot dusver in my loopbaan gedoen het. Veral die musiekblyspele wat nou ‘n integrale deel uitmaak van my lewe. Ek beoog om met hierdie album rerig iets wonderliks vir my gehoor te bied.”
“Fly me to the moon’’Paper Moon”, “I’ve got you under my skin”en “Makin Whoopee” is van die liedjies wat nou die unieke Andre stempel het.
Hy se:” Dit gaan nie so seer daaroor om die alombekende liedjies radikaal te verander nie, maar net om my eie sousie daaroor te gooi.”
Vir Andre se eerste “Big band en Swing” album het nog ‘n Suid-Afrikaanse musiek ikoon Graham Scott-dirigent, verwerker en regiseur sy kundigheid getoon. Scott, bekend vir sy teater meesterstukke en ongekende vermoe as musikale reggiseur help met die wereldklas gevoel van die album.
Kliek hier om Andre se nuwe musiekvideo te sien: http://www.youtube.com/user/AndreSchwartzVideos
Andre is onsettend opgewonde dat hy nou die geleentheid het om op te tree in sy 3 gunsteling genres:
- Sy oorspronklike en geliefde Afrikaanse liedjies.
- Die rykdom van ‘n musikale repertoire.
- Die bekoring van die “Big Band” treffers.
‘n Tone-omkrul optrede van Andre is waarlik ‘n betowerende geleentheid.