Potters Place | Theatre-Restaurant of Jeffreys Bay » Nuusbrief / Newsletter http://pottersplace.co.za The famous Theatre-Restaurant of Jeffreys Bay | Beroemde Theater-Restaurant van Jeffreysbaai Sun, 29 May 2011 10:34:53 +0000 en hourly 1 http://wordpress.org/?v=3.1.3 Die einde? http://pottersplace.co.za/die-einde/ http://pottersplace.co.za/die-einde/#comments Wed, 25 May 2011 19:42:47 +0000 admin http://pottersplace.co.za/?p=1166 - Uit die Nuusbrief van 25 Mei 2011 -

So die einde van die wêreld het gekom en gaan! Sien die probleem is nie dat dit nie die einde van die wêreld was nie – die issue is dat, toe ons almal so deurgekyk is, was daar maar baie min van ons wat skoon was om weg te neem!

En hier sit ons klomp agtergeblewenes nou met ons lot – nog altyd ‘n overdraft en huispaiemente en tieners in die huis.

Maar dit is darem ‘n hele spul beter as wat almal al die jare vir my belowe het oor hoe dit sal wees op daai plek waar ek gaan land as ek so aanhou. Ek meen – as ek dit geweet het, kon ek nog so ‘n bietjie ge-”push” het met die lewe.

Ons show pushers!

Ons show pushers!

Hier by Potters sal ons maar ‘n bietjie push met die shows! Vannaand Jakkals en Leo. Hulle het gister kom kuier en is ook bly dat hierdie einde se storie
nou uitgesort is en ons kan aangaan. Kevin veral lyk of hy lus is om ‘n bietjie te “push”.

En dan is dit Chris Cameleon – die kunstige pusher in enige oktaaf wat jy verlang!

En dan push Ouma vir Oupa….

En dan is dit Eddie Eksteen – die Aards-pusher!

En Kaleidoskoop en Jak de Priester……………

Hier gaan ons nou maar nou maar ‘n biejtie petrol trap en die turbos aanjaag. Daar is nog baie shows wat gesien moet word. So haal nou maar die

voet van die brieke af – die lewe is nie so bad after all nie!

Kom vier dit gerus!

]]>
http://pottersplace.co.za/die-einde/feed/ 0
Dronk Japanese…… http://pottersplace.co.za/dronk-japanese%e2%80%a6%e2%80%a6/ http://pottersplace.co.za/dronk-japanese%e2%80%a6%e2%80%a6/#comments Sun, 15 May 2011 18:47:45 +0000 admin http://pottersplace.co.za/?p=1040 - Uit die Nuusbrief van 15 Mei 2011 -

Ek stop by die padwerke op die N10 en saam met Bob Dylan kliphard in my ore herleef ek die hele Vietnam Generation. En toe van êrens af styg daar ‘n ander stem bo die skril bekfluitjie van Bob uit. Die stem is vol, met baie siel. Ek sit vir Bob af en luister wat aangaan. Dis die motor voor my in die tou waar dit vandaan kom. Almal in die motor sit tjoepstil en luister. Hulle vensters is oop en ek maak myne groter oop. En toe sit ek ook sommer en luister…..

Na ‘n rukkie stap ek nader en vra maar aan die bestuurder watter musiek nou daar speel. “Rebecca, sir”. O ja, toe onthou ek. ‘n Stem met siel. Musiek met siel.

Soos die kilometers weer onder my motor deurgly, dink ek toe aan die koerantartikel wat ek vroeër die week gelees het oor die musiekwinkels wat die Afrikaanse musiek CD’s terugstuur omdat dit nie verkoop nie. Die betrokke kunstenaars se kommentaar was “Mense het nie geld nie en daarom koop hulle nie ons CD’s nie.”

Wel …….my gevoel is dat daar vandag ‘n klomp Afrikaanse musiek is wat nie die moeite wêrd is om te koop nie. Die goed is kunsmatig, dit sê niks en die stem word elektronies deur die nuutste tegnologie ondersteun. Dis karaoke – en jy behoort behandel te word soos ‘n dronk Japanees.

Wel, voor ons nou in mekaar se karakters inklim oor wie se musiek is nou goeie musiek en wie s’n nie – net dit: Die res van ons besigheidsmense moet maar ons produkte en dienste aanpas en hard werk om kopers te kry. Hoekom sal die musiekbedryf nou anders moet wees.

Kyk, daar is min goed wat ‘n mens so emosioneel maak soos musiek. Daars van die goed wat jou oë tranerig maak en jou lippie sommer laat bewe as jy probeer saamsing so agter die stuurwiel. Jy raak boos en dan liefdevol en dan weer rebels en dan weer huilerig. En jy onthou vir Sannie en Saarjie en rooikop Jane en jy onthou vir James en Pitbek en Spike.

En jy sing vir Jane “When it comes to getting the dirty job done, I’ll take a red-headed woman……..It don’t matter how many girls you date, you don’t live till you had your ties roped in by a red headed woman.”

Vir jou bloed-broers sing jy “Staan by my my Bra, staan by my…….” en “We made our promise, swore we’d always remember. No retreat baby, no surrender”


The Silver Creek Mountain Band

The Silver Creek Mountain Band in Cradock: JP, Rod and Shugg (photo: from their Facebook page)

Musiek is kosbaar. Niks roer die gemoed soos musiek nie. So moet jou nie soos ‘n dronk Japanees gedra en dan betaal wil word nie.

(Hierso is ‘n tip: As die Silver Creek Mountain Band weer een van die dae in jou omgewing is – gaan luister. Hulle sing daai musiek wat ons garde onthou as goeie musiek. En hulle sing dit goed. Dis soos om jou en jou pêlle se ou LP’s weer uit te haal en hulle een vir een te speel. Jy sit agteroor soos in ‘n diep rusbank en luister en sing saam en word heeltemal nostalgies. Al die rebelle in jou staan weer op. Dis ‘n treat en jy sal nie wil ophou luister nie.)

]]>
http://pottersplace.co.za/dronk-japanese%e2%80%a6%e2%80%a6/feed/ 0
Pressure………! http://pottersplace.co.za/pressure%e2%80%a6%e2%80%a6%e2%80%a6/ http://pottersplace.co.za/pressure%e2%80%a6%e2%80%a6%e2%80%a6/#comments Wed, 04 May 2011 11:33:03 +0000 admin http://pottersplace.co.za/?p=984

Potters PlacePotters PlacePotters PlacePotters PlacePotters PlacePotters PlacePotters PlacePotters PlacePotters PlacePotters PlacePotters PlacePotters PlacePotters Place

Potters Little DevilBietjie fun met ‘n grappie van Faceless (Bruce Sutherland – www.Faceless.co.za)
- Uit die Nuusbrief van 4 Mei 2011 -

]]>
http://pottersplace.co.za/pressure%e2%80%a6%e2%80%a6%e2%80%a6/feed/ 0
Without shoes http://pottersplace.co.za/never-with-a-pair-of-shoes/ http://pottersplace.co.za/never-with-a-pair-of-shoes/#comments Tue, 26 Apr 2011 14:50:35 +0000 admin http://pottersplace.co.za/?p=909 Never with a pair of shoes

- From our Newsletter April 26, 2011 -
Rod Dry looks like he has spent his life mining for silver in the mountains with his bare hands. And the eyes may tell you that he found silver “in them thar mountains”.

But that is not true.

Silver Creek Mountain Band Combi

Silver Creek Mountain Band Combi

Rod’s hands make music. The man is an icon. Most cities, towns and dorpies will have someone that knows him from somewhere. Mostly you will find him with his double bass. Never with a pair of shoes. He drives around in a combi with a VW beetle on top. The model year is 1963. He does not understand the internet and a back-track is something a trail wagon leaves in the sand.

The trail also brought him a son. It is 22 years later and Shrugg Dry is now the lead singer of the band.

Character and intrigue hang over them like a cloud.

He and his mates make music. Along the way there have been many of them. The Silver Creek Mountain Band is a music legend that has been around for 40 years. This band has many stories to tell and many songs to sing – of the kind you expect to hear from them. Folk Songs, Blues, Bluegrass and original songs – penned on the road.

You will want to hear their stories and you will want to hear them sing. You will want to meet Rod and you will want to tell about that day.

Meet them at Potters Place on 2nd May 2011. Tickets cost R60 per person.

For more info on the band and some interesting old photos take a look at their website: www.silvercreekmountainband.co.za

Callie van Potters Place

]]>
http://pottersplace.co.za/never-with-a-pair-of-shoes/feed/ 0
What drives them? http://pottersplace.co.za/what-drives-these-people/ http://pottersplace.co.za/what-drives-these-people/#comments Wed, 20 Apr 2011 11:20:44 +0000 admin http://pottersplace.co.za/?p=774 - From our Newsletter April 20, 2011 -
They arrive here after the previous night’s gig in another town – which was after another gig in another town. Then they unpack, they set up, they test their sound for hours. They go for a quick shower and come play great music like they are back from a fresh island holiday. Afterwards they chat tirelessly with the fans, sign CD’s and pose for photographs. Then they pack all their equipment and travel to the next show.

They are all like that. Last week is was Mean Mr. Mustard and Meri Kanaz. These guys had fascinating stories to tell. Where they played and how they were treated. About the food and accommodation they had to live with in the start-up days– pie, gravy and chips for days on end. They paid their dues, but they just carry on and on. On stage they transform. I have lots of photos as evidence – have a look at our photo albums on Facebook.

Andries Botha

On stage they transform ...

I watched Andries Botha and the guys on Thursday and just shook my head. What is happening on that stage? It is like a fire is lit inside when they get on stage – like the furnace of a steam engine. Unstoppable once they get going and just the tweep-tweep whistle, the choo-choo and the cluck-cluck of the rails. Happy travellers! Teeeep-tweeep, chooo-chooo, cluck-cluck. Non-stop! The second last note from previous song was already the second note of the next song.

Meri is still paying her dues – merrily so, if I must say. The previous night a gig in PE. Then at Potters. Next day lunch time in Walmer. That evening another spot and the following day in Grahamstown. She travels by herself, unpacks, does her own sound checks and then she sings – beautifully! Then she chats with the fans, signs CD’s, packs up and continues with her tour.

And they are all like this – Steve Hofmeyr, Mel Botes, Dozi, Stef Bos, Dan Patlansky – you name them, male, female, the lot. What people tell you about Eddie Eksteen’s state of health and what you see once he gets on stage are not related by any stretch of the imagination. Some are lone-stars and some travel in groups. From somewhere they receive an inner charge when they get on stage.

And then I catch them in December – in relay teams night after night. It is exhausting beyond description to live with them. One thing I tell you. They inspire me and have my deep respect.

I hate it if they arrived at Potters and I was not there to meet them. And I stay until they have packed up at the end of the evening and have left. I love it when they come around to say good-bye the next morning.

Next time you watch a show and you really love it – mix it with a feeling of deep respect and inspiration. There is more than just music happening on that stage! Somehow mere mortals receive an inner fire from somewhere which they have the ability to express.

Be grateful to be a witness!

Callie van Potters Place

]]>
http://pottersplace.co.za/what-drives-these-people/feed/ 4
Heilige eiers … http://pottersplace.co.za/heilige-eiers-bek-rek-burgers-en-%e2%80%98n-groen-ambulans/ http://pottersplace.co.za/heilige-eiers-bek-rek-burgers-en-%e2%80%98n-groen-ambulans/#comments Thu, 14 Apr 2011 09:13:05 +0000 admin http://pottersplace.co.za/?p=717 Heilige eiers, Bek-rek Burgers en ‘n Groen Ambulans!!

- Nuusbrief van 14 April 2011 -
Wanneer word Eggs Benedict “Heilige Eiers?” Wanneer jy voel jou sousie is heiliger as ‘n Hollandaise sous. Wanneer word ‘n hamburger ‘n Bek-rek burger? As jy jou burger “re-vamp” en jy voel dis uitstekend. Wanneer kry jy ‘n Groen Ambulans saam met ‘n Babbelas Brekfis? Wanneer jy dit nodig het!

Die menu uiteindelik oorgedoen en die mense eet hom van die kant af anderkant toe. Dis ‘n moeilike storie, so ‘n menu. Hoe gaan die kombuis als gemaak kry as 120 mense ‘n uur voor ‘n show by die deur instap? Jy moet almal se bestellings neem, die kos maak EN dit tafel toe dra voor die show begin. Dis ‘n storie.

Jy dink die resep uit en jy kyk wat dit gaan kos om dit te maak – al die sousies en die brou tesame. Dan maak jy prys. Lyk dit na waarde vir geld?

Spareribs

Mmmm ... spareribs!

Jy bedien en kyk wat die mense sê. So wat sê hulle?

Die Kaapse Beeskerrie is ‘n hit. Die skaapboud is ‘n superster – natuurlik heeltemal te goedkoop, maar dit voel so na huiskos – so what the hell?

Die brekfis is en was altyd Potters se ding. Dis lekker – plein en simpel! Ons bak nou ons eie brood. Lekker toast om jou eier op te sit. Van die Armgat tot die Babbelas brekfis toe – die hele lot. Die Babbelas het nou ‘n Groen Ambulans in plaas van vrugtesap.

My vrou het aangedring op die heilige eiers. Dit is soort van Eggs Benedict, maar met ons heilige sousie in plaas van Hollandaise. Dis baie lekker. Vra vir Nicolette.

Ons hamburgers is ge-revamp. Dis nou Bek-Rek burgers. Ek eet hulle gereeld – net omdat dit so lekker is. Veral met die nuwe pepersous..

sjokolade-mousse

Need I say more?

Ons “baskets” bly gewild en bly op die menu. Die Drinkebroer is die groot boetie, maar die Calamari basket bly die gewildste.

Daar’s nou vars lynvis op die menu en dis werklik baie lekker, maar dit lyk nie of JBay se mense dink lynvis is so spesiaal nie. Hulle bestel eerder Baby Kingklip met die Lemon & Chive sauce.

Die steaks is bietjie uitgebrei, maar die spareribs sit hulle ore aan. Ai, en ek het gedog die “Blue cheese, Walnut en Mushroom”-sous is so lekker.

Kom eet maar en sê jou sê. Dis menu is spesiaal so gedruk dat ek hom maklik kan verander. En dit gaan sommer gereeld gebeur.

Callie van Potters Place

]]>
http://pottersplace.co.za/heilige-eiers-bek-rek-burgers-en-%e2%80%98n-groen-ambulans/feed/ 0
Lekkerkry! http://pottersplace.co.za/lekkerkry/ http://pottersplace.co.za/lekkerkry/#comments Fri, 08 Apr 2011 09:06:27 +0000 admin http://pottersplace.co.za/?p=712 - Nuusbrief van 8 April 2011 –
Dis nou al die derde song wat sy vir my stuur. Sy wil graag by Potters kom sing. Sy kan sing en sy kan liedjies skrywe en sy’s pragtig. Ek luister maar na die liedjies en wonder of dit sal werk. En toe kry ek nog een. Dis ‘n opgewekte liedjie. Ek skryf terug:

“Jou eerste paar liedjies het my net herinner dat ek moeg is van ‘bleeding hearts & broken dreams.’ ‘n Mens wil darem bietjie handeklap en skreeu ook. Ek soek mooi musiek, ja. Maar ek soek ook happy musiek. Ek like dit as die mense met smiles huistoe gaan.”

Die meeste musiek gaan oor liefde. As jy verlief is, is die wêreld net psychedelic mooi! Maar ‘n happy lovesong? Almal skryf oor die break-up en die hartseer en alleenwees.

Manuel Escorcio het die dag saam met my op die stoep gesit en gesels. Potters was vol mense wat kom brekfis het. Die vorige aand se show-smile nog op hulle gesigte.

Zak by Potters PlaceEk sit terug en dink hardop. “Jy sien Manuel – die meeste van ons wat hier sit, werk maar net om ‘n decent living te maak. Ons wil graag ons kinders na ‘n goeie skool stuur en ons wil kos en klere koop en ons wil vir ons familie ‘n goeie dak oor hulle kop gee. En dit doen ons dag en nag.

Maar so af en toe vat ons ‘n break. Dan wil ons lag en Wow! sê. Dit is waar ek en jy inkom, Manuel. Ons voorsien daai “break”. Net ‘n uur of twee op ‘n slag. As die mense met smiles huistoe gaan, het ons ons job gedoen.”

Manuel kyk die mense op die stoep deur. Hy’s tjoepstil. Hy weet wat ek bedoel.

Gelukkig kry jy die kunstenaars wat van nature HAPPY is. Hulle is gebore op ‘n plaas met die naam “Lekkerkry”. Hulle gee ons die break en die lag en die handeklap. Vannaand gaan ons lag-lag huistoe. Môreoggend skink ons ons koffie met ‘n smile by die brekfistafel.

So stuur maar jou liedjies, maar weet ek gaan eers vra “Is jy op Lekkerkry gebore?”

Zak is een van hulle. Hy’s een van die dae terug. En daar kom nog ‘n hele paar Lekkerkry-boorlinge. Hou ons program dop.

Callie

]]>
http://pottersplace.co.za/lekkerkry/feed/ 0
Nou sit jy … http://pottersplace.co.za/%e2%80%9cnou-sit-jy/ http://pottersplace.co.za/%e2%80%9cnou-sit-jy/#comments Wed, 30 Mar 2011 08:56:58 +0000 admin http://pottersplace.co.za/?p=705 -Nuusbrief van 30 Maart 2011-
Ons kuier op Nieu Bethesda by Die Waenhuis Pub & Grub. Die openingswedstryd van die sokker-wêreldbeker is pas verby en almal voel relatief tevrede. Die vleis word sommer by die voordeur gebraai en almal gebruik die kroeg se kombuis. Die bak met die tjops en wors word in die rondte gestuur en jy help jouself. Die kinders ken almal op die naam en almal ken die kinders op die naam. “Raised by the village” soos hulle sê.

Die mense groet en begin huistoe gaan. My glas is nog half. My broer s’n is leeg. “Laat ek jou nou ‘n ding leer,” sê ek vir hom. Na al my jare in die restaurantbedryf het ek goeie raad. “Nou sit jy. Dis nou wat jy wag en kyk wat gebeur.”

Ons bestel nog ‘n rondte en ek stap buitentoe om ‘n paar foto’s te neem van die mense wat uitloop. Ek bel ook sommer huistoe en gesels ‘n bietjie.

Toe dit lyk of almal uit is, stap ek weer die kroeg binne om na my broer se welsyn om te sien. Daar is drie mense oor. En hulle sit by een tafel. My broer, ‘n skrywer en ‘n fotograaf. Dis toe wat ‘n laaang interessante aand begin.

Andre Swiegers by Potters Place, Jeffreys Bay

Andre Swiegers March 26, 2011

Dis hoe ek Saterdagaand gevoel het na André Swiegers se show. Hier is ‘n skrywer, digter, sanger en sy show is klaar. André staan by die laaste twee klante en gesels. Hulle glase is half. Ek sê: “Nou sit jy!” en ek maak vir ons ‘n bottel Potter’s Red oop. Dis toe wat ‘n laaang interessante aand begin.

Diep gesprekke, ligte gesprekke, kwaad word vir ander mense en lekker lag… dis halfvier die oggend toe ons loop.

Sien – dis eers as dit laataand en buitekant donker is, dat jy die mooi spots aan die binnekant begin raaksien.

Sit – en kyk wat gebeur.

Wat gaan jy in elk geval doen? Slaap? Asseblief tog!
Callie

]]>
http://pottersplace.co.za/%e2%80%9cnou-sit-jy/feed/ 0