Jeffreys Bay: Potters Place | Theatre-Restaurant | Teater-Restaurant » Upcoming Shows http://pottersplace.co.za The famous Theatre-Restaurant of Jeffreys Bay | Beroemde Theater-Restaurant van Jeffreysbaai Sat, 31 Dec 2011 12:29:07 +0000 en hourly 1 http://wordpress.org/?v=3.2.1 Jacques de Coning – Vrydag, 6 Januarie 2012 http://pottersplace.co.za/jacques-de-coning/ http://pottersplace.co.za/jacques-de-coning/#comments Mon, 21 Nov 2011 13:13:47 +0000 admin http://pottersplace.co.za/jacques-de-coning/ Tyd: 18:30 vir 20:00;
Kaartjies: R100 per persoon;

Met albumverkope van ver oor die 100 000 is dié goueplaatkunstenaar alombemind.

Jacques De Coning

Jacques De Coning

Sy skitter-debuutalbum, Kaniklani, herverpak as Girl Van Die Klein- Karoo met treffers soos Girl Van Die Klein-Karoo, Kom Dans Met My, Boerereggae en Jannie Mag Nie Koor Sing Nie, is een van die belangrikste Afrikaanse albums wat in 2001&2003 in SA uitgereik is. Met slegs oorspronklike komposisies uit sy pen, het Jacques ‘n spektrum genres – van rock en pop tot boeremusiek en reggae – ontgin en ‘n reuse-bydrae tot die skatkis van nuwerwetse Afrikaanse musiek gelewer.

Met sy album, Afrikaans my trots, het Jacques die jeug aangepor om spontaan op die maat van FAK-liedjies te jol en trots op ons taal te wees! Die album het binne weke goue status bereik; die vinnigste nóg wat ‘n kunstenaar van Select-Musiek in daai jaar dié eer kon verwerf. Die album bereik 3de posisie op die SA Top 20 met net Internasionale name soos Ronan Keating en Shakira bo hom. Hy het hom stewig gevestig as een van Suid-Afrika se knapste en veelsydigste liedjieskrywers met sy oorspronklike nuutskeppings. Sy vertonings – met net ghitaar en stem – is vol oemf, geesdrif en ritmiese vokaliteit .

Jacques se vierde album TROTS is ‘n gebalanseerde vermenging tussen heerlike saamsingliedjies en oorspronklike werke. Hierdie album dien as ‘n basiese samevatting van die repertoire wat Jacques bekend gemaak het.

Met Jacques de Coning se album Veels Geluk gee Jacques sy bewonderaars ‘n feesgerigte album met onder meer drie keurspele – waarin hy gewilde Engelse treffers in ‘n aanvullende Afrikaanse eiesoortigheid uit sy pen verweef. In die snitte Die grootvoëlkeurspel, die Itsy bitsy-keurspel en die Million drums-keurspel verras hy telkens met oorspronklike musikale brûe tussen die beproefde gunsteling goed.

Jacques De Coning

Jacques De Coning - Afrikaans my trots

Hy het nog altyd op elkeen van sy vorige albums grense in musiek verskuif en deurentyd sy eiesoortige stempel daarop afgedruk. Hy sit ook murg in sokkie musiek: voet-jeuk lekker klanke met betekenisvolle lirieke.

‘n Konsep-hulde album nl.: “The Shadows & Cliff Richard show” sien die lig as Jacques se sesde album waarby hy betrokke is. Die album gaan hand in hand met ‘n fantastiese vertoning, waarmee die Sapphires ( The Shadows) en Jacques de Coning (Cliff Richard) tans die land toer.

Jacques de Coning se sewende album, Sê dit Stadig, het vlugtig die rak gesien tot Jacques besluit het om dit te onttrek. Die album het volgens hom nie aan sy uitermatige hoë standaarde voldoen nie. In sy woorde: “Ek het net te gejaagd gevoel en ek moet aan die einde van die dag tevrede wees en geloof hê in ‘n produk wat ek met oortuiging verkoop.”

Jacques het nog altyd daarin geglo om opkomende kunstenaars te help. Die groep “Mattheus” toer tans saam met hom sovêr die kliënte se begrotings dit toelaat. Alhoewel hierdie kombinasie, wat bestaan uit kinders en kleinkinders van boeremusiek legende Neels Mattheus, nuut op die mark is, sal jy gou agterkom dat hulle uit gesoute musikante bestaan en dat hulle oorspronklike Afrikaanse rock/pop dansmusiek enig in sy soort en van baie hoë gehalte is. Hulle het reeds as verskeie kombinasies op feitlik elke album van Jacques de Coning gespeel.

Mattheus kan saam met Jacques in aksie gesien word op ‘n DVD wat so pas vrygestel is. Die titel van die DVD heet: Jacques de Coning AFRIKAANS MY TROTS. Die DVD bestaan uit verskeie saamsing treffers en volksliedjies…

Jacques slaag daarin om gewilde makietie musiek, verfrissende verwerkings, en wyd treffende lirieke en uiteenlopende musikale genres in treffer albums te verweef.

Jacques anker homself trots in Afrikaanse musiek.

]]>
http://pottersplace.co.za/jacques-de-coning/feed/ 0
Andre Swiegers – Donderdag, 5 Januarie 2012 http://pottersplace.co.za/andre-swiegers-2/ http://pottersplace.co.za/andre-swiegers-2/#comments Thu, 03 Nov 2011 10:40:34 +0000 admin http://pottersplace.co.za/andre-swiegers-2/ Tyd: 18:30 vir 20:00;
Kaartjies: R100 per persoon;

andre-swiegers

Andre Swiegers

Callie skryf:

… Hier is ‘n skrywer, digter, sanger en sy show is klaar. André staan by die laaste twee klante en gesels. Hulle glase is half. Ek sê “Nou sit jy!” en ek maak vir ons ‘n bottel Potters Red oop. Dis toe wat ‘n laaang interessantte aand begin.

Diep gesprekke, ligte gesprekke, kwaad word vir ander mense en lekker lag…..dis half vier die oggend toe ons loop.

Geniet die foto’s van sy vorige show by Potters Place op ons Facebook page.

2011 was ‘n jaar van toer vir Swiegers – die land vol. Hy reken een van die hoogtepunte was – toe ‘n man ná ‘n onlangse optrede vir hom kom sê het dat hy die vertoning teen sy sin bygewoon het, maar baie bly was dat hy wel so gemaak het. André steur hom min aan die tipies-populêre liedjies van die dag – die wat kom en gaan. Hy glo musiek behoort nie volgens ‘n vasgestelde resep / formule te gebeur nie. Juis daarom is hy ingestel om musiek te maak met eie karakter en trefkrag.

André gaan ‘n paar van sy ou bekendes sing (soos Eva, Blou, Turn on the light) asook van sy mees onlangse werke wat nog nie opgeneem is nie.

Wie is André?

Ons hoor gereeld op Algoa FM hoe die Port Elizabethse Coleske-broers “Take me where the sun is shining” sing, ‘n liedjie uit die pen van Andre Swiegers wat op 5 Januarie  by Potter’s Place gaan optree.  Die sanger/liedjieskrywer onthou hoe hy Sondagaande na die LM Hit Parade gelê en luister het en so die Beatles, Rolling Stones en Beach Boys ontdek het. Op 16 koop hy sy eerste kitaar vir R17,50 en begin geesdriftig akkoorde leer en liedjies skryf.

Sy finale jaar studies word in 1979 onderbreek om die hoofrol teenoor Sonja Heroldt in die film Sing vir die Harlekyn te vertolk – waar hy die bekende liedjieskrywer Anton Goosen leer ken.  Hy voltooi wel sy BA graad maar besluit om sy stokperdjie (signwriting) as beroep te beoefen en verder te sing.  Vir sy eerste “professionele” musiekoptrede by die Stasie Hotel in Brakpan toon hy ‘n totale profyt van R10!  Hy is egter baie suksesvol in beide beroepe en na sy troue in 1985 trek hy Pretoria toe waar hy en sy twee seuns, Jean en Emile steeds bly.

[There is a video that cannot be displayed in this feed. Visit the blog entry to see the video.]

Nadat ‘n vriendin voorgestel het dat hy meer op Afrikaanse liedjies moet fokus, skryf hy “Blou” wat deur Laurika Rauch opgeneem en bekendgemaak word – twaalf jaar later het André en Réana Nel dit as duet opgeneem.  In 1994 neem hy Tablature op onder die naam Squire Blue (Casper de Vries was deel van die span wat help naam kies het) saam met Arnold Coleske en Harold Schenk.  In hierdie tyd vra die Coleske broers André om te help met die skryf van lirieke vir hul nuwe album – ‘n paar jaar later tref onder andere “Take me where the sun is shining” Europa.  Dit styg tot bo aan die trefferparades in verskeie lande.  Gedurende die laat negentigs word die liedjie deur SAMRO aangewys as een van die twaalf grootste Suid-Afrikaanse treffers die afgelope veertig jaar.

Sy bekendste liedjies is Blou, Eva, Jammer om te hoor, Turn on the light, Take me where the sun is shining, Aphrodite, Die tyd sal leer, Twee feilbare mense, 1966 VW Beetle Blues, Hoe draai die wind dan nou, Jy doen dit vir my, Waar was ek heen, Dorsland, Die Sirkels van Tyd en Eiland.

]]>
http://pottersplace.co.za/andre-swiegers-2/feed/ 0
Eric Clapton Tribute : Peter Hoven – Wednesday January 4, 2012 http://pottersplace.co.za/eric-clapton-tribute-peter-hoven/ http://pottersplace.co.za/eric-clapton-tribute-peter-hoven/#comments Thu, 03 Nov 2011 10:39:09 +0000 admin http://pottersplace.co.za/eric-clapton-tribute-peter-hoven/ Time: 18:30 for 20:00;
Tickets: R120 per person;

EricClapton-Poster300

Tribute to Eric Clapton

Produced by singer/songwriters Peter Hoven and Natalie Chapman, this excellent production promises a night of pure Clapton pleasure! The show not only exposes the amazing talent of Mr Clapton, but also tells the stories behind the music!

A man who struggled with drug and alcohol addiction, who had sordid love affairs and throughout it all has been a prolific songwriter and guitar god to many generations. The Eric Clapton “Slowhand” Tribute Show brings his music to life and tells the story of a man who faced many challenges but was always sure of one thing: The Music

The Show is performed by some of SA’s great musical talents. Peter Hoven who performs as Eric Clapton has been invited along with Gerald Clark and Henry Steel to perform as the First South African Blues Band to ever take part in the International Blues Challenge in Memphis in January 2012.

People who have seen the show have said that Hoven’s portrayal of Clapton and his music is so close to the original, they have to remind themselves that they are in fact sitting in SA and not The Royal Albert Hall and that the musicians in front of them are indeed local grown talent and not the legends that have worked with Eric Clapton over the years!

Peter Hoven

Peter Hoven

Natalie Chapman adds the female touch to the show with her phenomenal vocals and charismatic story-telling. Actress/Singer-Songwriter/Radio DJ Chapman has had great success with her original music as well as lead performances in The Full Monty, The Rivonia Trial, Soapie Scandal and many more. Her theatre background along with 10 years as a full time musician has equipped her as a consummate performer.

Backed up by some of SA’s Top Session Musicians, this show is truly a world class production!

With performances at Emperor’s Palace, Villa Pascal, The Performer Theatre, Potters Place and many more the show will now be gracing the stage at the Brand New, World Class Atterbury Theatre for one night only! An up close and personal experience for Clapton fans they will never forget!

The Show covers songs from Clapton’s “Cream” Days all the way through to his solo career including his blues releases. Songs being performed include: “Layla”, “Cocaine”, “Wonderful Tonight”, “Before you Accuse me”, “I Shot the Sherriff”, “White Room”, “Riding with the King”, “Tears in Heaven” and so much more.

Have a look and listen at what the show is all about at: The Eric Clapton “Slowhand” Tribute Show Facebook Fan Page.

And for some of the artist profiles go to:

Peter Hoven: Lead Vocals and Guitar

www.peterhoven.co.za
www.reverbnation.com/peterhoven
www.myspace.com/peterhovenmusic or
http://www.facebook.com/peterhovenfanpage

Natalie Chapman : Narration and Vocals

www.reverbnation.com/nataliechapman
www.myspace.com/musicnataliechapman or
www.facebook.com/nataliechapmanfanpage

Johnny Late: Lead Guitar

http://www.facebook.com/johnnylate?sk=info

]]>
http://pottersplace.co.za/eric-clapton-tribute-peter-hoven/feed/ 0
Adam Tas – Dinsdag, 3 Januarie 2012 http://pottersplace.co.za/adam-tas-2/ http://pottersplace.co.za/adam-tas-2/#comments Thu, 03 Nov 2011 10:32:57 +0000 admin http://pottersplace.co.za/adam-tas-2/ Tyd: 18:30 vir 20:00;
Kaartjies: R100;

Adam Tas is ‘n volronde musikant. Met sy boeiende rasperstem, aardse lirieke, luistermelodieë en eerlike vertolking tel hy tussen die land se beste!

Adam Tas - Storm van Liefde

Adam Tas - Storm van Liefde

Die naam Adam Tas verwys nie vandag na die vader van geskrewe Afrikaans van die 1600s nie, maar die gewilde Afrikaanse sanger wat groot opskudding in die musiekbedryf maak. Van ‘n klein begin in Hatfield, Pretoria tot ‘n Guiness Wereldrekord sing Adam Afrikaans met sy “Rock” ondertoon menigte se harte warm. Maar sy toekomsplanne het nooit musiek ingesluit nie, waar ‘n fietsongeluk sy liefde vir die kunstipe gekweek het.

Adam is op die 25 Augustus 1981 in Pretoria gebore. Hy het by Laerskool Garsfontein sy skoolloopbaan begin en by Hoerskool Garsfontein dit voltooi. Naskool het hy vir ‘n kursus in joernalistiek by Unisa ingeskryf en is selfs vandag ‘n gekwalifiseerde wildbewaarder. Musiek was egter steeds nie op sy agenda nie, waar hy eintlik gedroom het om vir die Blou Bulle rugby te speel.

Dit was egter na Adam met sy fiets ‘n ongeluk gehad het dat hy met musiek in aanraking gekom het. Vir weke was Adam bedlêend en het hy sy kitaar opgetel om homself besig te hou. In die tyd het hy homself geleer kitaar speel en sy gewilde rasperstem ontwikkel. So het sy passie en ‘n hongerte vir musiek begin groei en hy het musiekvertonings van ander kunstenaars bygewoon. Een bekende afrikaanse sanger, Valiant Swart se optrede was die laaste spykerhou wat Adam nodig gehad het om sy eie musiekloopbaan te begin.

Nes enige struikelende musikant het Adam alleen in Hatfield se kuierplekke opgetree en so sy stempel onder veral die studente gedruk. Sy eerste album, “Memories in ‘n menthol” het soos soetkoek verkoop. Adam het nie net ‘n warm stem nie, maar ook ‘n talentvolle skrywershand. Die liedjies op sy albums is oorspronklike treffers wat hy self geskryf het. Slegs vier liedjies op al drie sy album is nie sy eie skeppings nie. Sy tweede album “Springbok Radio” was net so gewild en liedjies soos “Boeremeisie” is steeds op mense se lippe.

As gekwalifiseerde wildbewaarder, teel Adam ook saam met sy pa met verskeie diere op hulle plaas. Hulle teel met nyalas, swartwitpense en beplan ook om binnekort buffels aan te skaf. Adam is lief vir die plaas en is ook handig met ‘n jaggeweer. Hy sal graag eendag sy eie plaas wil besit en die boerdery voortsit, met ‘n sweep in die hand nes sy oorlede oupa vir hom geleer het.

Min mense kan se dat hulle naam in die Guinness boek van wêreldrekords verskyn. Adam het verlede jaar in 24 uur by 41 verskillende plekke opgetree en so sy plek in die gesogde boek verdien. Verder is die sanger baie beskeie en glo sukses lê in vroeg opstaan en laat gaan slaap, asook om tweekeer harder as jou grootste teenstander te werk. Hy is altyd eerste om ‘n grappie te maak en is trots daarop dat hy eerste in sy Graad 1 klas gestaan het.

Vriende op skool het hom as ‘n goeie akteur beskou, maar hy het besluit om sy stem dik te maak en eerder te sing. Maar wie weet, miskien is die sanger net onbewus van sy gewildheid en maak hy tog eendag sy verskyning op ‘n bekende Afrikaanse program.

Adam het ook al voor ‘n gehoor van 6 500 mense by die “Raw Rocks” konsert in Sun City opgetree en beskou dit as sy mees onvergeetlike oomblik.

Storm van liefde

Adam Tas – die skepper van die luisterjuwele Van ‘n druppel tot ‘n brander, Ben Bicycle, Jantjie Koggelman en Harry Potter – is terug met ‘n splinternuwe rock-‘n-roll-album, Storm van liefde!

Hy sê: “Ek het ’n pop song rock-‘n-roll gemaak, want ‘n popsanger het eendag vir my gesê ons rockers kan nie sing nie! Nou ja, toe bewys ek dat niemand vir my kan sê wat ek kan en nie kan doen nie!” Tussen die oorspronklike nuutskeppings is dit veral die snitte Storm van liefde (‘n uitbudndige viering van romanse) en Gaan sê vir die angels (met progressiewe akkoorde en verrasende musikale wendings) wat aandag trek. Tussen die nostalgiese tréfsnitte is die ménssketse Skilpadtepel, Is dit hoe die hemel lyk en Kersfees in Afrika.

Die romanse brand vurig op die snitte Te beautiful vir my, P.S: I Iove you en So verlief. Die ritme terg op Sneeuman, Wat moet ‘n man doen en, in heerlike countryboerstyl, gesprinkel met Afrika-ritmes, bied Adam musiekliefhebers die pretsnit Manzi Manzi: uitbundige sweettapmoegmaker!

Met ‘n aangename balans tussen jolnommers byderwetse pop, kitaargedrewe rock, harstogballades en kreatiewe 2010-weergawes van Ben Bicycle en Van ‘n druppel tot ‘n brander bied Adam Tas musiek wat aanraak en bevredig – én daarin slaag hy om ‘n internasionale klankgehalte te skep en sy eie grense te verskuif.

Adam Tas bied ‘n storm van talent! Dis boeiende musiek met murg in die liriek!

]]>
http://pottersplace.co.za/adam-tas-2/feed/ 0
Valiant Swart – Maandag, 2 Januarie 2012 http://pottersplace.co.za/valiant-swart-2/ http://pottersplace.co.za/valiant-swart-2/#comments Thu, 03 Nov 2011 10:32:25 +0000 admin http://pottersplace.co.za/valiant-swart-2/ Tyd: 18:30 vir 20:00;
Kaartjies: R100;

“I am actually a free-lance gynaecologist.
I cannot heal it,
but I will have a look at it for you.”
-Valiant Swart

Foto’s op ons Facebook Page: Valiant Swart July 09, 2011

Valiant Swart het oor die jare ‘n reputasie as eersteklas vermaakkunstenaar opgebou, en word ook bestempel as een van die voorste Afrikaanse liedjieskrywers van die afgelope twintig jaar. Oppikoppi of Skouspel, rock- en kunstefeeste of in musiekklubs en teaters landwyd, ‘n Valiant-vertoning is ‘n belewenis vir enige gehoor. Valiant se meer as drieduisend optredes op sy kerfstok is of solo met kitaar en mondfluitjie in ‘n intieme teateratmosfeer, of op ‘n groot verhoog met sy manjifieke band.

Valiant Swart

Valiant Swart

Afgesien van Suider-Afrika, het hy al opgetree in die VSA, Engeland en Nederland. Hy word wyd gerespekteer as liriekskrywer, en het reeds meer as ‘n honderd oorspronklike komposisies op CD vrygestel.

Valiant het leer kitaar speel toe hy elf jaar oud was. Hy het kort daarna liedjies begin skryf en in sy hoërskooljare in ‘n hele paar bands gespeel, van rock tot boeremusiek. Tydens sy studentejare op Stellenbosch het hy die musiek van Bob Dylan en Jimi Hendrix ontdek, en ook ‘n groot blues-aanhanger geword. Hy het in 1987 ‘n BA-graad verwerf, met as hoofvakke Afrikaans-Nederlands en Engels.

In 1988-89, tydens militêre diensplig, het hy Koos Kombuis (André Letoit) ontmoet. Hy het saam met Letoit in die rokerige kroeë van Hillbrow begin optree en hom in alle erns as Afrikaanse liedjieskrywer begin bekwaam. In 1990 het hy voltyds begin om ‘n bestaan te voer met sy liedjies en sy kitaar.

Valiant het reeds veertien CD’s die lig laat sien. Sy eerste, Die Mystic Boer, is in 1996 vrygestel. Hy was ook die produksieleier op verskeie albums van ander kunstenaars, en het gasoptredes op talle van hul albums gelewer. Van Suid-Afrika se grootste sterre, soos Laurika Rauch, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Piet Botha en Nic Stevens, het al van sy liedjies opgeneem, waaronder die treffers ‘Sonvanger’, ‘Eyeshadow’, ‘Jakarandastrate’ en ‘Duisend Myl Blues’. Vele kunstenaars gebruik Valiant se liedjies as deel van hul verhoog-repertoire.

In 2001 het kykNet hom op ‘n blues-reis na Amerika gestuur. Die resultaat was die dokumentêre TV-reeks, Veertig dae deur die Delta , waarmee kykers getrakteer is op Valiant se blues-avonture in Tennessee, Mississippi en Louisiana. Die sukses van hierdie reeks het gelei tot sy akteursdebuut, in die hoofrol as dr Jinx in kykNet se Song vir Katryn trefferreekse. Met rekord-kyksyfers en ‘n klankbaan-album wat goue status verwerf het, het “Katryn” van Valiant ‘n huishoudelike naam gemaak.

Die afgelope paar jaar het hy voorts gewildheid verwerf as rubriekskrywer vir die tydskrifte rooirose en Baba en Kleuter, waarin die lief en leed van sy status as ruk-en-rol gesinsman op dikwels komiese wyse weergegee word. Ander artikels uit sy pen het al verskyn in Insig, Wegbreek en Sports Illustrated.

Valiant is ‘n vurige ondersteuner van die Springbokke en die Proteas. Hy skree ook hartstogtelik vir die WP, die Stormers en Maties. In sy vrye tyd vang hy vis, lees en fliek tuis, en versamel rooiwyn en goedkoop kuns. Hy ry ‘n swart 1968 Valiant Rebel sonder wieldoppe, en ook ‘n ou Nissan Hardbody bakkie.

Op ‘n vorige sensusvorm is hy formeel as ‘ongeskoolde trekarbeider’ genoteer, en by sy terugkeer na ‘n vroeëre besoek aan die buiteland is hy amptelik die RSA as ‘soothsayer’ binnegelaat.

]]>
http://pottersplace.co.za/valiant-swart-2/feed/ 0
Silver Creek Mountain Band – 30 & 31 December 2011 http://pottersplace.co.za/silver-creek-mountain-band-2/ http://pottersplace.co.za/silver-creek-mountain-band-2/#comments Wed, 02 Nov 2011 17:00:57 +0000 admin http://pottersplace.co.za/silver-creek-mountain-band-2/ Time : 18:30 for 20:00;
Tickets: R120 per person;

Have a look at the Facebook album of their previous show at Potters - Callie said:

I warned you that they are a lot of fun! And so they were! The audience were still shouting for encore at 11:30 pm.

The Silver Creek Mountain Band has been mesmerizing South African audiences with their unique style and acoustic instruments for over 30 years.

Silver Creek Mountain Band

Silver Creek Mountain Band

Silver Creek covers all kinds of music consisting of English, Irish, Scottish and American tunes from the sixties folk revival period. Although they play through amplifiers Silver Creek promises to stay true to their acoustic roots. If a laid back evening of good old fashion music is your scene Silver Creek will fulfill your highest expectations.

You will want to hear their stories and you will want to hear them sing. You will want to meet Rod and you will want to tell about that day.

Meet them at Potters Place on December 30 & 31!

For more info on the band and some interesting old photos take a look at their website: www.silvercreekmountainband.co.za .

Rod Dry - Silver Creek Mountain Band

Rod’s hands make music.

Rod Dry - Silver Creek Mountain Band

Rod Dry - The man is an icon.

]]>
http://pottersplace.co.za/silver-creek-mountain-band-2/feed/ 0