POPULAR TRIBUTE
TO
JACK JOHNSON
Centrestage brings the music of legendary surfer and film-maker turned
cult musician, Jack Johnson, to Pottersplace, on the
1st of May
2010
Itll be the second time Centrestage will be using this intimate
dinner-theatre style venue.
The Jack Jonson tribute show is fronted by long time fan and sound alike
Wayne Kallis
and is performed by the Not the Jack Johnson Band, which comprises of
the Centrestage All-Star band rhythm section of
Gino Fabbri
on drums and
Mike McCaully
on Bass, with John Dickin on percussion.
Johnsons laid-back, feel-good, surf-inspired music, described as sultry
lazy blues with a modern rock twist, has developed a huge faction
following. His latest album Sleeping through the static recently sold
92000 copies and also reached the top 10 on the Uk charts.
A Tribute to Jack Johnson plays against an audio-visual Hawaiian surfing
beach sunset backdrop and features selections from Jack Johnsons' famous
albums On and On, In Between Dreams, Brushfire Fairytales and of course
Sleeping Through The Static, all lovingly recreated by the band.
The show represents a complete change in energy and direction for
Centrestages
Wayne Kallis
,
who trades the high energy exuberance of his
Magnificent 7
,
Creedence
Clearwater Revival
and recent
80s Glory days
performances, for the gentle melodies of Jack Johnson. The production
has been revamped and updated since its first inception in 2007 and
crowds can be sure to enjoy an evening of soothing sultry sounds.
Kallis Says Jack Johnson is forever playing in the background while we
are on tour and this is where the idea of doing the tribute was first
born. We talked (Centrestage owner) Gary Hemmings into allowing us to do
the show as an indulgent pat on the back for the successes of our other
more commercial shows and surprised everybody by creating a show which
has in itself developed its own audience.
The Hawaiin-born musician has an enormous student following one of
his famous albums "In Between Dreams" has surpassed the one million
sales mark in the UK.
PSALMS VAN n DIGTER
Jan Blohm, Christoph Kotze en Henre Masser
Psalms van n digter
is n opwindende
produksie uit die penne en kitare van Jan Blohm (stem en akoestiese
kitaar), Christoph Kotze (stem en akoestiese kitaar) en Henre Masser (agtergrondstem,
perkussie, akoestiese kitaar).
Dis onmiskenbaar dat hierdie
digters, liedjieskrywers en musikante splinternuwe liedjies opgelewer
het nie! Nuwe verwerkings van onder meer Breyten se brief, Groen Trui
en In Wens van Jan Blohm kan gehoor word, asook van die mooiste liedjies
uit die pen van Christoph.
Jan Blohm het nie veel
bekendstelling nodig nie. Jan is nie net bekend vir onder meer liedjies
soos Breyten se brief, Groen Trui en 7 Jaar nie, maar ook as akteur in
die Frans Marx dramareeks
Dit wat stom is
(2005) en Egoli
(2008). Jan skryf gedigte vandat hy kan onthou. Afrikaans is vir hom
heilig en hy is baie lief vir die digkuns en gee n digterlike eienskap
aan sy musiek.
Christoph Kotze tree reeds sedert 2006 by van die land se bekendste
kuierplekke op en het al die verhoog met groot name soos Anton Goosen,
Blackie Swart, Gian Groen en Jakkie Louw gedeel. Hy het reeds op n jong
ouderdom bewys dat hy oor n kwaliteit beskik, wat so min in die
Suid-Afrikaanse musiekbedryf voorkom oorspronklikheid. Sy debuut
album
Sprokie Suid-Afrika
het die lig gesien onder die ervare
hand van Blackie Swart en die album het baie publieke en media aandag
geniet en is selfs in 2007 vir n Vonk toekenning vir Beste Alternatiewe
Album genomineer, nie te sleg vir n beginner nie!
Resensente en kritici was uit
die veld geslaan dat die volwasse, unieke klanke en lirieke uit die pen
van n 21-jarige kon kom. Dit behoort eintlik nie soveel van n skok te
wees nie, aangesien Christoph reeds in 2005 as matriek leerling 5de in
Crescendo geeïndig het met sy liedjie
Onbeskryfbaar
.
Henre is n bekende naam in die
musiekbedryf en het die potte geslaan vir onder meer Ray Dylan, Jakkie
Louw en Beeskraal. Hy is ook n befaamde
studio producer
vir
Maroela Musiek en het uitmuntende werk opgelewer vir platinumkunstenaars
soos Gerrie Pretorius en DJ Ossewa
.
MARC LOTTERING
LIVE
Cape Towns favourite funnyman
MARC LOTTERING
appears for the
first time at
THE POTTERS PLACE
in Jeffreys Bay, on
Saturday
15
th
May
Armed only with a microphone, Lottering will shoot
from the hip as he shares his outrageous perspectives on matters ranging
from reality tv, to how to stop people from using cellphones in movie
houses.
Marc Lottering has been keeping South Africans in
stitches for 12 years, and is considered to be one of the countrys top
comics. He is the recipient of several prestigious awards, and
regularly entertains ex-pats in the UK and Australia.
MARC LOTTERING
hails from Cape Town, and is
considered by many to be one of the hottest comics on offer from South
Africa. The son of a Cape flats Pentecostal Pastor, Marc's colourful
upbringing is often reflected in his unique brand of comedy which has
established him as a firm favourite with so many audiences.
Marc
first
burst onto the scene with a self-scripted one-man show in 1997, and has
since continued to wow audiences. The name
MARC LOTTERING
has become synonymous with "sell-out seasons" across the country.
He has been the recipient of
both Fleur du Cap and Vita Theatre awards. Marc has also performed to
ex-pats in London, Australia, New Zealand and Toronto. He continues to
keep fans entertained with his hugely successful dvd's
FROM THE
CAPE FLATS WITH LOVE
,
BIG STAKES AND SLAP CHIPS
,
HALLELUJAH
, directed by David Kramer.
Successful television
appearances include
MARC LOTTERING AND FRIENDS
and
WILL THE REAL MARC LOTTERING PLEASE STAND UP
.
Marc has just completed a
fantastic season in London, with latest one-man show
NAUGHTY
FORTY
, and currently appears at the Baxter Theatre as the host
of the Vodacom Funny Festival.
The show at THE POTTERS PLACE will run for 70 mins,
and is not suitable for children.
To book a table and further enquiries, please call 042 2932500
Joho! Produksies bied aan:
DIE NAAIMASJIEN
Sandra
Prinsloo
Geskryf deur:
Rachelle Greeff
Regie: Hennie van
Greunen
In November 2008
word Rachelle Greeff se debuut teaterteks,
Die Naaimasjien
,
uit 65 inskrywings bekroon met die Nagtegaal Teaterteksprys.
Hierdie eenvrouvertoning gee n blik op n tyd wat reeds lank
verby is: n tyd van baba booties, melkafleweraars, kouse met
nate en moerkoffie. Magdaleen is n unieke aanwins tot die
skatkamer van klassieke Afrikaanse vrouekarakters soos sy by
haar Bernina sit en terugkyk oor n lewe wat ook n vervloë deel
van Suid-Afrikaanse geskiedenis saamvat.
Hierdie produksie vier ook Sandra Prinsloo se terugkeer na die
soloverhoog. Dis die eerste keer sedert haar baanbrekerswerk in
Jeanne Goosen se
Koffer in die Kas
dat sy sterk genoeg
voel oor n karakter om haar weer lewe te gee op die verhoog,
soos net hierdie ikoniese aktrise is.
Die regie is die werk van die veelbekroonde skrywer/regisseur/vervaardiger
Hennie van Greunen, wie se produksies o.a.
Shirley Valentyn,
Op die vrou af, Die Hangkas Haas
en
Lyf
reeds
legendes op die feeskringloop is.
Intussen het
Die Naaimasjien
reuse sukses behaal met vol sale en staande
ovasies en is bekroon by KKNK 2009 vir die Herrie Kanna
Gewildsheidsprys asook vir Beste Vroulike Kunstenaar. Die
Naaimasjien is ook benoem vir die Fleur de Cap. Die volgende
beskrywing vanaf die Fleur de Cap se webwerf:
Writer Rachelle Greeffs first stage play,
Die Naaimasjien
,
directed by Hennie van Greunen and starring the stage diva
Sandra Prinsloo, has received nominations in four hotly
contested categories, Best Performance by an Actress, Best
Performance in a One Person Show, Best Director and Best New
South African Script.
Die
Naaimasjien was by die volgende venues en feeste uitverkoop
verlede jaar:
Die Suidoosterfees, die Woordfees, KKNK, Innibos, Kalfiefees,
Kolligfees, Gariepfees, Volksblad (hier is 2 ekstra vertonings
bygewerk), Centurion teater, Saronsbergteater Tulbagh,
Piketberg en twee weke by die Arena teater Kunstekaap.
Hierdie jaar is Naaimasjien al klaar uitverkoop by die
Suidoosterfees asook Oude Libertas. En steeds soek die publiek
kaartjies en wil weet waar ons volgende gaan optree.
Hierdie jaar tree ons op by die volgende feeste, dorpe en
teaters:
Suidoosterfees Kaapstad:
(uitverkoop)
Oude Libertas Teater- Stellenbosch:
(uitverkoop)
Emperors Palace Kempton Park:
(uitverkoop)
Centurion teater
4 tot 7 Maart (uitverkoop)
Die
Boer Durbanville:
20 tot 27 Maart (uitverkoop)
KKNK Oudtshoorn:
5 tot 8 April (uitverkoop)
Jakarandafees Pretoria:
27 April.
Cederbergfees Clanwilliam:
30 April en 1 Mei
Vrystaat toer Kimberley, Bloemfontein, Sasolburg, Bethlehem,
Rosendal:
4 tot 8 Mei
Pottersplace Jeffreysbaai
22 ,23 Mei
Saldanha
27 Mei
Saronsbergteater Tulbagh:
28 en 29 Mei
Klein Libertas Stellenbosch:
2 en 3 Junie
Pierneef teater Pretoria:
24 en 25 Julie
Dolosfees Richardsbaai:
29 Julie
Malmesbury:
11 September
Kalahari Kuierfees Upington:
22 September
Woordpoort
Pretoria:
6 tot 10 Okktober
Die Boer Durbanville:
13 tot 16 Oktober
Polokwane
:
29 en 30 Oktober
Walvisbaai
:
3 en 4 Desember
Nie alle teks-pryswenners is ewe blink nie, maar die
Nagtegaalwenner, Die Naaimasjien, skitter soos n splinternuwe
Bernina. Dis n teaterbelewenis wat jou helder oordag tot in die
weefsel ruk en jou bewend en verslae uitspoeg om die res van die
dag te trotseer. Eintlik het ek nie woorde om hierdie kragtoer
te beskryf nie, behalwe: Bravo! Bravo! Bravo!
Die Burger Deborah Steinmair
Wat
n mens sonder twyfel kan sê, is dat hierdie eenvrouvertoning n
algehele kragtoer is. Dit sal maklik wees om in byvoeglike
naamwoorde te verval. Sandra Prinsloo lewer n meesterklas in
toneelspel.
Sy knip die karakter uitmekaar soos duur lap en begin dit dan
aanmekaar stik totdat dit n balrok of trourok is waarvan nie
een enkele naat sigbaar is nie.
Krit Wim
Vorster
Ek het die voorreg om Die Naaimasjien aan te beveel as een
van daardie moet-ervarings van die Absa KKNK.
Krit Laetitia Pople
Wat n ongelooflik gevoelvolle stuk, en
watter ongelooflike akteur het ons nie in Sandra nie! As ons
Oscars
gehad het, sou ek een vir haar gegee het.
n Mens vergeet dat dit Sandra is, want elke stukkie van haar
raak die vrou in die ouetehuis wat haar lewe in oënskou neem en
haar vreugdes en pyn in die oë kyk. Ook net weer n bewys dat
die
regisseur
Hennie van Greunen een van die heel bestes in die bedryf is
.
Sarie -
Michelle van Breda
Twintig jaar later en
Valiant
rock steeds volstoom in 2010
Valiant Swart vier vanjaar 'n
besonderse mylpaal: twintig jaar op die verhoog! Hy het in 1990 sy
eerste 'Valiant Swart Band' op die been gebring, en vanuit die
studentekroegies van daardie beginjare gevorder tot nasionale sterstatus.
Vandag is Valiant 'n huishoudelike naam en gevestig as een van die
voorste liedjieskrywers en verhoogkunstenaars in Suid-Afrika, met
veertien albums en 'n paar TV-trefferreekse op sy kerfstok. Vir
Valiant het 2010 afgeskop met die opname van nog 'n splinternuwe album,
'n besige optredeskedule, 'n nuwe TV-reeks en nesskop in 'n nuwe
tuisdorp.
Na die 'Eindelose Reis' wat hy
en sy gesin verlede jaar deur die SA platteland onderneem het, het
Valiant nou sy wortels neergelê in die Strandveldse dorpie Stanford,
halfpad tussen Hermanus en Gansbaai. Van hier beplan hy om sy
verhoogoptredes voort te sit, sy tydskrifrubrieke te skryf, en werk te
voltooi aan twee groot skryfprojekte waarmee hy hom die afgelope twee
jaar besig hou.
Na die sukses van hul multi-bekroonde
album 'Vuur en Vlam' (2007), het Valiant onlangs saam met sy
musiekgenoot Ollie Viljoen die opnamesessies van hul nuwe album voltooi.
Die album bestaan uit 'n hele paar nuwe komposisies, asook 'n paar ou
nommers uit die Afrikaanse liedjieskat. Die beoogde loodsdatum is vroeg
in April by die KKNK. (Volledige persverklaring op pad.)
In tandem met die album,
verskyn Valiant en Ollie binnekort saam met hul verhoogmaat Pietman
Geldenhuys as ateljeeorkes in 'n nuwe kykNet geselsprogram. Hierdie
reeks van dertien episodes word eersdaags verfilm en beloof om topklas
vermaak aan kykers te verskaf. Behalwe vir 'n uitsoek-groep ateljeegaste,
bied die musikale driemanskap in elke episode kraakvars treffers van hul
nuwe album aan.
Soos sy aanhangers sou kon
verwag, het Valiant se 2009-reis op die agterpaaie heelwat inspirasie
vir nuwe liedjies opgelewer. Hierdie liedjies is reeds besig om hulself
tuis te maak in sy verhoog-repertoire. Sommige ou gunstelinge is ook
herontdek, afgestof en 'n nuwe baadjie gegee.
Nes in die verlede, sal Valiant
se vertonings een van drie formate beslaan: eerstens is daar sy gewilde
solo-optredes, intiem en sielvol, met bittersoet kitaar en stories vol
deernis en humor. Tweedens is daar sy ewe populêre optredes saam met
Ollie en Pietman ('Die Mystic Trio'), waar die driestuks gehore trakteer
op liedjies en staaltjies uit die Valiant-en-Ollie stal. In die derde
plek is daar die gesogte (en skaars) optredes van Valiant met sy rock
band. Getroue aanhangers, oud en jonk, maak altyd seker dat hulle nie
hierdie vertonings misloop nie, vir 'n goeie rede: hierdie manne
rock
nog steeds soos niemand anders in Afrikaans (en Engels) hulle dit kan
nadoen nie. Gaan luister maar self.
Of jy nou 'n volgeling van Valiant se tydskrifrubrieke is, of 'n
aanhanger van sy musiek en sy verskynings op TV: maak vanjaar seker jy
is in die gehoor as hy op of naby jou dorp optree en vier twee dekades
se vermaak met een van SA se gunstelinge!
|