Clint Cunningham
C L I N T & C O
W H A T A B A N D !
Clint Cunningham is no stranger to South African
audiences. After 15 years of slogging the pubs and
clubs all over South Africa (reportedly the highest
paid one man band in the country at that stage)
Clint is now enjoying great success with his various
shows in top Theatres!
Not only has Clint been successful as an entertainer
and song writer, but has begun a new venture into
making a television documentary series, which might
lead to a movie.
His Creedence Clearwater Revival Tribute has rocked
sell out audiences at all of the Barnyards as well
as The Performer Theatre, Richard Lorings Sound
Stage and many other venues such as the Rustic
Theatre on Main, Blues Room, Keegans and the Firkin
in Centurion.
Clint performed in the
Carnival Symphonic Pops
2007
and was very well received! He sold more
CDs after each performance than any of the other
artists! Due to popular demand, this made Clint
determined to do the Creedence Clearwater Revival
Tribute show at
Carnival Citys Big Top Arena
as a solo artist in April 2008 performing to over
1 500 people.
From this success, Clint and his immensely competent
band (Mike Dorea on bass, Larry Rose on drums and
Peter Hanmer on guitars) went on to perform Clints
U2 Tribute, a show called Joe Cocker and Friends
and another called Clint & Co
the best of.
With Clints production The Midnight Hour
featuring Connie Friedman on sax and keys, Rene
Mabotha and Caitlin Wishart on vocals, they packed
Richard Lorings Sound Stage in 2007 / 2008, 7 shows
a week for close on 6 months! This is an amazing
achievement for any artist!
The band has toured Zimbabwe several times playing
to almost 4 000 people in Harare. They have rocked
Maputo and Swaziland, toured Cape Town and the
Garden Route with huge success, done a myriad of
corporate events from the V & A Waterfront to the
Sun City Superbowl!
After one slots on Steve Hofmeyrs Dis Hoe Dit Is
in 2006, Clint was invited by Steve for another
recording which was played on KykNet Channel (DSTV)
6 June 2008! As well as a guest spot on Egoli,
Clint received UNBELIEVABLE response from the public
after his appearance on Noot vir Noot earlier in
2008.
Clint has signed a 3 album deal with recording
powerhouse EMI. In 2007 he released Clint & Co
plays Creedence Clearwater Revival available
nationwide.
His much awaited solo album Clint & Co
A Test of
Faith has been released successfully. Some of the
songs on this album were written by Clint himself
and also on the album is the English version of
Steve Hofmeyrs Pampoen, called Rescue Me.
Two albums have followed since, The Best of Clint &
Co, and the 2009 release, Positivity.
During November and December of 2009, Clints
enormously successful show, The Midnight Hour, in
conjunction with Richard Loring, was brought back
to life for a six week run in
The Theatre of Marcellus, Emperors Palace.
Ultimately, Cunninghams mission to create great
rock music in the name of fun is a refreshing change
in a world of pop idols and posturing. With boy
bands and wannabe singers dominating our air waves,
Cunningham and his sidekicks are emerging as one of
the few real-deal, no frills bands on the local
music scene. Peter Van Der Merwe, The Star.
A passionate and wonderful entertainer with a
massive voice, Clint is here to stay.
read more:
http://www.clintandco.co.za
TRUG BOONTOE
Fredi Nest
Fredi Nest is gebore in Johannesburg op 25 Maart as
die oudste van vyf kinders. Hy bring sy kinderjare
gedeeltelik in Johannesburg en Durban deur. Soos met
gebore musikante sing en bespeel hy die kitaar al
van kleins af. Hoewel hy eers in sy dertigerjare
besluit het om musiek sy loopbaan te maak, het hy
maar deur die jare heen baie liedjies gekomponeer
waarvan hyself en ander kunstenaars heelwat opgeneem
het. Tot op datum het hy ver oor 230 geregistreerde
komposisies in Afrikaans en Engels. Vandag word
Fredi Nest beskou as een van die land se beste
skrywers van ligte musiek. Hy en n hele handvol van
ons voorste kunstenaars spog met verskeie treffers
uit sy pen. Hy is baie trots daarop dat hy sy
vertonings 100% oorspronklike werk is. By
uitsondering sal hy op aanvraag iets van n ander
kunstenaar sing.
Fredi se musiekloopbaan het die afgelope paar jaar
ongelooflik gegroei nadat hy by Select-Musiek
aangesluit het. Sy laaste drie albums het almal goue
status behaal. In 2007 het hy die SAMA verower in
die afdeling Beste Afrikaanse country-album en in
2008 en 2009 is hy weer benoem vir dieselfde
kategorie. Hy het al verskeie musiektoekennings
ontvang. Die nuutste was sopas in Februarie 2010 toe
hy die SA Country-toekenning Beste skrywer vir
Lulus eyes ontvang het.
Fredi se tiende cd word binnekort vrygestel. Sy
albums is:
Memory train
met die groot treffer "Listen to me" wat 'n
toekenning gekry het vir die mees gespeelde liedjie
in 1995. Al 10 liedjies hierop is oorspronklike
Engels.
Leave a light on
in 1997. Hierdie album bevat 14 werke van Fredi
waarvan 9 Engels en 5 Afrikaans is. Dit is die
eerste maal dat hy in Afrikaans skryf en sing.
Wie is jy
in 1999. Van die 15 snitte is 13 oorspronklik, 7
Afrikaans en 6 Engels. Hy doen duette met Anneli,
Jani en Marilize Lombard.
Goue Gunstelinge
in 2001. Vir die eerste maal doen Fredi
covers
op hierdie kommersiële album. Hy sing onder andere
werke van Chris de Burgh en ook die Bee Gee's en kan
jy duidelik hoor waarom hy bekend staan as die Suid
Afrikaanse Chris de Burgh. Een van die 21snitte is
oorspronklike Afrikaans en nog 4 oorspronklik
Engels.
Kom na my toe
in 2003. Op hierdie album klink Afrikaans soos nooit
tevore nie en neem Fredi se skryfkuns n nuwe
rigting. Die 9 oorspronklike Afrikaanse en 3 Engelse
liedjies is bewys van Fredi se besondere talent. Die
ander 8 is onder meer Bee Gees.
Sê my
in 2005. (Bereik goue status in Oktober 2006) Van
hierdie album se 14 werke is 7 oorspronklik
Afrikaans en ook n Engelse een. Vir die eerste maal
neem Fredi oorspronklike liedjies van n mede
Afrikaanse skrywer, by name Stef Kruger, op. Die
ander 4 sluit in n duet met Werner Beukes en ook n
Bles Bridgeskeurspel. Hierop is ook die twee groot
treffers nl. Sê My en Getoor.
Hey DJ!
in 2006. (Bereik goue status in September 2007 en
verdien n SAMA-toekenning) Fredi sit die vorige
album se klank voort met hierdie album. Hierdie keer
het hy egter slegs die voor-produksie self in sy
ateljee gedoen. Van die 16 snitte is slegs 2 deur
ander skrywers, 3 het mede-skrywers en die ander is
almal uit Fredi se eie pen. Daar is n hele 9
splinternuwe Afrikaanse nommers.
Kom kry vir jou
in 2007. (Bereik goue status in Desember 2007 en is
benoem vir n SAMA) Op hierdie nuwe album skryf
Fredi 15 van die 18 liedjies self. Twee daarvan kom
uit die pen van Fredi saam met die trefferskryfduo
Marc Brendon en Don Kelly. Hy het ook weer Words van
die Bee Gees opgeneem. Soos met die vorige album is
die voor-produksie deur Fredi in sy eie ateljee
gedoen en die finale produk deur Robin Kielly, Byron
Kuntz en Christie Schutte.
Fredi Nest Grootste treffers Live DVD
in 2007. Hierdie is sy
eerste dvd-opname en bevat liedjies van sy laaste
drie cds. Vanaf die Sê my-album is daar 4, ook 4
vanaf Hey DJ! en van Kom kry vir jou n hele 8. Die
dvd is opgeneem in die Emperors Palace tydens n
gewone vertoning en Fredi se natuurlike
verhoogpersoonlikheid kan ervaar word.
Vrystaat Limousine
in 2008 (Benoem vir n SAMA). Hierdie nuutste cd het
weereens alle verwagtins te oortref! Van die16
snitte hierop is slegs een van n ander kunstenaar
en die res deur Fredi geskryf en gekomponeer.
Hierdie album se voor-produksies is deur Fredi self
in sy ateljee gedoen en is grootliks deur die
verwerkers in die finale produk gebruik.
Hier is n paar interessanthede waarvan mense graag
wil weet:
Fredi woon in die Cullinan-distrik saam met sy
gesin op n stukkie grond met n watertjie en
stukkie berg waar hy besig is om woon, werk en
speelplek met sy eie hande te bou. Hier bou hy vir
homself n ateljee waar nog baie treffers gebore
gaan word. Hy is baie lief vir die natuur en diere
en het 'n steekbaardbrakkie en n paar gekruisde
hondjies wat sy hart se punt is. Onder sy vele
belangstellings is n passie vir ou goed, daarom dat
hy graag ou motors en enjins nuwe lewe gee. Hy besit
nege ou trekkers en agt veteraanmotors wat tussen
1936 en 1967 dateer waaraan hy restoureer wanneer hy
tyd het. Dan vang hy baie graag vis wanneer hy nog
tyd oor het.
In
die nagte wanneer normale mense slaap, is sy
persoonlike kreatiewe tyd. Dis dan dat die muse hom
besoek met n nuwe melodie en gewoonlik sommer die
lirieke ook. In Fredi se loopbaan wat oor 16 jaar
strek het hy homself herhaaldelik as n besonder
talentvolle kunstenaar bewys. Sy sang- en
skryftalent het ook tot sy reg gekom met n paar
liedjies wat in die internasionale mark gaan draai
het. Just a little love (gesing deur Natasja Lee,
n plaaslike meisie) is in n internasionale fliek
gebruik as temalied. Sy treffer Sê My het Duitse
woorde gekry met die titel Küss mich en dieselfde
groep stel ook belang in die konsepte van Hey DJ!
en Kyk wat maak Afrikaners nou.
Van Fredi se liedjies is al op meer as 60
saamgestelde cds gebruik, waarvan n hele paar
spesiaal geskryf is vir bv die Rugby, Slaaptyd en
Gospell-reekse.
Fredi
is voortdurend besig om te skryf en skep en hy doen
graag gewone dinge om hom na aan die aarde en sy
aanhangers te hou.
TRUG BOONTOE
Jay Bay Country
vermaak by
Potters Place Ontbytfunksie
Kom
luister na
Jay Bay Country
by
Potters
Place op 23 Junie
om 10h00, terwyl jy n ligte
ontbyt geniet.
Joey Skeen en Willy Porter
is die
kunstenaars wat gaan optree en die vermaak sal
bestaan uit ligte country en Afrikaanse musiek.Joey
is tans n lid van Klipdassies Boere Orkes en hulle
tree op by verskeie funksies in die Oos-Kaap.
Willy tree op by Men @ 6 en het baie ander orkes
ondervinding.
R50 per persoon (sluit ontbyt in)
Breakfast @ Potters
Come and listen to
Jay Bay Country
while enjoying a light
breakfast at Potters Place. This will happen on 23
June at 09:30.
Joey Skeen and Willy Porter
are the artists
who will be entertaining you with light country and
Afrikaans music. Joey is currently a member of
Klipdassies Boere Orkes
who has performed at
various functions in the Eastern Cape. Willy plays
with
Men @ 6
and has extensive band
experience.
Tables can be booked at Potters Place, tel: 042
293 2500.
R50pp (breakfast included)
TRUG BOONTOE
Die
baie gewilde
Rock n
Taal-produksie
van Port
Elizabeth
gaan hierdie wintervakansie die
langpad vat om gehore landwyd te wys hoekom hulle
produksie aangewys is as die Top Oos-Kaapse
musiekskouspel (Eastern Cape Showtime Awards). Maar
méér as dit: om jonk en oud se voete te laat juk,
hulle terug te laat verlang
en hul opgewonde te
maak oor die pad vorentoe vir Afrikaans!
Dié produksie
beloof om gehore aan die praat te hê met sang uit
die boonste rakke en n uitstekende lewendige orkes
op die verhoog.
Sowat 40 Moderne Afrikaanse liedjies
is weer gekies om te wys waar Afrikaans vandag staan
van Jak de Priester, Amanda Strydom, Johannes
Kerkorrel en Sarah Theron, tot Dawid Kramer, Karen
Zoid, Koos Kombuis, Bok van Blerk en Chris
Chameleon
en nog baie meer!
Al die name, al die treffers; al die
bestes in een
show
en die verhoog gaan
behoorlik uit sy nate bars!
Dis soms lig, soms diep en ernstig,
maar die boodskap is duidelik: Afrikaanse musiek het
dit alles en daarom kan ons n Taal met mening
Rock!
Twee Baaise sangers met hope talent
Pieter Rademeyer en Annelie Oosthuizen - neem die
gehoor saam met hulle op reis deur die vele fasette
van ons Taal.
n Indrukwekkende, lewendige orkes op
die verhoog dra verder by tot die lekkerte van dié
vertoning.
Pieter Rademeyer is ook in die
Regisseurstoel met Lilian Zeelie as Musikale
Regisseur.
Vir enige navrae, kontak gerus vir
Pieter Rademeyer by 083 320 6228 of
[email protected]
Maak seker jy kom
Rock n Taal
ons Taal saam met dié kunstenaars!
TRUG BOONTOE
|